Wednesday, August 8, 2012

Flash Fiction – The Last Storm


Something from the archive - and there it goes and snows yesterday!

The Last Storm
The storm I dreaded came at the end of April at four o’clock in the afternoon. I’ve feared the Highveld thunderstorms this year. Not the usual storms, the proper storms with lightning and hail and enough water to flood the streets and stall cars. One part of me hoped for that storm every afternoon of the rain season. Another part wished the storms were over forever and that global warming would see to that. The smallest part wished that winter would come and that it would snow at last. But who was I kidding? It almost never snows here. A few flakes now and then, sure, but not enough to get my uncle to come back. And it’s been nearly thirty years. But at least a good and proper storm would give me a chance to explain to my uncle what had happened to my father.
The day the storm came, I was in the mall on my day off. I sat in a coffee shop with a bottomless mug of the house brand getting cold and staring out of the glass ceiling at the thick clouds. Now and then I’d look at my watch and see the hands creeping towards four o’clock. At five minutes to four I was sure this was the day I’d been waiting for. I slipped a twenty under my mug, catching the waiter’s eye and made my way outside. The parking lot was quite busy and many people made their way into the mall in the hopes of missing the storm we all knew were coming. Lightning already flickered behind the koppie a kilometre or so away. Thunder droned and rolled a warning of the storm coming. Everyone was fleeing inside. Only I was foolish enough to stride out to the parking lot, my umbrella hooked over one arm.
At four o’clock, right on time, the skies opened and I was soaked before I could open my umbrella. But I kept my ground, breathing in the icy, wet air as I waited for the hail to come. The rain came down harder than before and the wind slanted it against me so that I had to turn my back to it to catch my breath. No one else was to be seen in the lot. Even the car guards had fled inside to miss the storm. Then the first sound of ice hitting the tar and parked cars sounded and I waited for the sting of ice on my skin.
 I closed my eyes briefly as the hail came down thicker for a few moments before being replaced by warmer raindrops. He stood before me, bedraggled, wet and still wearing the same clothes my father gave him last year when he visited. We walked back inside the mall and sat down at a table. He wrapped calloused hands around the coffee mug and shivered. Only after the first sip did he speak.
“Your father… is he…?”
I nodded. “Car accident. Over the holidays.” I swallowed. “It was before the rain season, I didn’t know how to contact you.”
He nodded, sadly but sagely and I saw the tears brimming in his eyes. He took another few gulps of coffee.
“I am sorry,” he said and briefly touched my hand. “I really am.” He looked at the sky through the glass. He always knew when the hail would return. “I have to go.” He took a last gulp of coffee.
“Maybe it will snow again this year.”
A brief smile lit his face and he nodded once. “Maybe.” And with that he stood up, placed his battered leather hat on his head and strode out into the rain as the second wave of hail beat down. And I knew he was gone again and I would have to wait for the next storm.

Monday, August 6, 2012

Kreatiewe skryfkuns inspirasie en “Finish Year”


Creative Writing Masterclass met Keith Gray – Plot and milieu 
Hier is twee video’s deur die skrywer Keith Gray. Die eerste handel oor plot, die tweede oor milieu. Die res van die reeks video’s kan ook op You Tube gekyk word.


Finish Year
Ek kan nie glo dat die konferensie net ’n paar weke weg is nie! Ek het ’n bietjie verlof gevat so om die komende naweek na Vrouedag om my tyd te gee om die referaat en voordragte finaliseer. Terselfdetyd soek ek rond op die internet vir ’n paar illustrasies van draugar om te gebruik, maar meeste van die sketse lyk meer na zombies of dié wat in speletjies – soos Skyrim – gevind word as dié wat in die middeleeuse tekste beskryf word. Hierdie twee lyk darem meer soos dié in die tekste (behalwe vir die horings wat ongelukkig byna altyd bygevoeg word, maar mens kan seker nie als hê nie.)













So ek gaan vir my ’n hoop jelliebone aanskaf – die beste lekkers om te eet terwyl mens studeer in my opinie – en dubbel so hard studeer hierdie week.

Creative Writing Inspiration and Finish Year


Creative Writing Masterclass – Plot and Setting
Here’s two more videos by writer Keith Gray. The first is about plot and the second is about setting.





Finish Year
I can’t believe that the conference is only a few weeks away! I’ve taken some leave around the coming weekend to give me some time to finalise the paper and the presentation. I’ve also been wandering around the internet looking for a few illustrations for the presentation and have noticed that the most drawings of draugr are made to look a lot more like zombies or those found in games – like Skyrim – than the ones described in the actual medieval texts. These two, however, are closer to those described in the texts (with the unfortunate addition of horned helmets, but you can’t have everything).











So, I’ll stock up on jelly beans – the best study candy in my opinion – and hit the books double as hard this week. 


Draugr from Medievlists.net

Friday, August 3, 2012

Vrydag Fiksie – Ikaira se oorwinning


Ietsie vooraf
Hierdie is dié week se stukkie wat ek geskryf het na aanleiding van Woes se Woord van die Week. Dié week se woord is “wen” en moet die woord “wen” of “oorwinning” in die titel bevat. Met die dat ek Woensdag die wêreldbou stuk “The Midland Wars” op Hersenskim gaan plaas het, was dié gebeure op die voorgrond van my gedagtes.

Vir diegene wat lus is om die hele gedeelte van The Midland Wars te lees, kan hierdie pdf afgelaai word. Ek is wel ook aan die vertaal van hierdie stuk om dit in Afrikaans beskikbaar te hê so gou as moontlik. Maar eers, hier is ’n nuwe Airthai-verhaal.


Ikaira se oorwinning
Die rook van verskeie vure het steeds laag oor die vlakte gelê. Vlekke gebrande gras het suid vanaf die blou waters die Groot Rivier gelê. Reënwolke het begin saampak bo die slagveld en Ikaira het met donker oë na die grys wolke gestaar. Stukkies verbrande gras en blare is deur die wind rondgedwarrel deur die kamp.

“Die oorlog is verby.” Sy stem klink nie soos sy eie nie. Die stelling self klink soos ’n leuen. Sy hele lewe het hy geleef met die wete van die uitgerekte oorlog in die Middellande. Die oorlog wat die volgelinge van Gile net nie wou ophou veg nie. Nou staan hy hier by sy tent in sy kamp en kyk na die soldate feesvier. Na sy vader se dood net ’n dag tevore kan hy nie in die feesvieringe deel nie.

“Ikaira.”

Hy ruk van die skrik toe iemand ’n mantel om sy skouers hang. Hy het nie eens besef dat hy van die koue reënwind begin bewe het nie. Ikaira draai terug na die tent. Binne is verskeie bevelvoerders en sommige van die Bewakers van Holt Haliern en Théotriewe na die noorde. Die Oueres van die Bewakers dra donkerrooi mantels en hy besef dat dit een van die Bewakers se groen mantels is wat oor sy skouers gegooi is. ’n Hartseer glimlag trek-trek aan sy mondhoeke.

“Die oorwinning is ons s’n.” Dan glimlag hy opreg. “Guldargan het gewen. Die Fáll is oorwin.”
Een van die Oueres, Ragnar, tree stadig vorentoe en leun op sy kierie. “Wat van die ander koninkryke – Ealdfesten, Treddian... Aefterra?”

"Die oorlog is verby"
Deur sy uitdrukking en die ander se stilte besef Ikaira dat hy voor ’n toets staan. “Guldargan het baie grond verloor – en sy aansien in die Middellande. Maar ons sal vrede hê,” voeg hy dan by en trek die mantel stywer om sy skouers. “Ons sal ons land weer opbou.” Hy aarsel slegs ’n oomblik. “Met die Bewakers se hulp, hoop ek.”

Ragnar knik sy kop. Ikaira het die toets geslaag. “Die besprekings kan môre begin. Vanaand het ons almal rus nodig. Maar eers moet Guldargan se nuwe koning gekroon word.”

Een van die kapteins bring ’n versierde houtkissie na vore en Ragnar maak dit oop. Binne, op ’n gebondelde stuk materiaal lê die kroon van Guldargan – ’n kroon wat slegs ’n dag tevore steeds op die koning se kop gepryk het tydens die geveg.  Ikaira se hart klop vinniger en hy voel sy palms klam raak. Dan kniel hy voor Ragnar en die Ouere lê die kroon op sy hoof. Wanneer hy opstaan, kniel die Bewakers en kapteins van Guldargan voor hom. Asof hy in ’n waas beweeg, word ’n nuwe mantel om sy skouers gehang en word hy na buite die tent gelei en aan die soldate voorgestel as die nuwe koning. Al begin die reën saggies val, begin die feesvieringe nou opreg.

Terug in die tent skryf Ikaira kort notas, seël dit, en laat roep die boodskappers. Nuus van die nuutgekroonde koning moet so gou as moontlik versprei word. Dan roep hy Ragnar.

“Die Fáll wat nou op die Argavér Vlakte is, is afgesny van toegang tot voedsel.”

“Wat stel u voor, majesteit?” Ragnar se stem is laag, versigtig.


’n Ruk later staan Ikaira op die oewer van die Groot Rivier saam met ’n paar Bewakers, sy kapteins en ’n paar soldate. By hulle is ’n paar bondels kos wat in geoliede lap toegedraai is. Hulle laai die bondels op ’n vlot gemaak uit ’n paar stompe wat rofweg aanmekaar gebind is en laat dit dan by die rivier afdryf in die rigting van die Fáll.

“Die Fáll se vrouens en kinders is ook in hulle kampe,” sê Ikaira. “Ek sal nie met myself kan saamleef as ek weet dat ek hulle laat honger ly nie.”

Ragnar hou Ikaira fyn dop. Die jongerige man se oë is donker. In die laaste paar dae het hy baie beleef. Miskien te veel. Maar sy optrede na die bloedige geveg spreek boekdele.

“U sal ’n goeie koning maak,” sê hy en knik gerusstellend. “Kom rus. Môre is ’n groot dag.”



**

Wednesday, August 1, 2012

Worldbuilding Maps and Illustrated History of the Midland Wars


Below are two new maps of Airthai which I have completed – the first is of a part of the Eastern Lands and the second of the Land of the Six Rivers. This worldbuilding history is already available on Kammastories in Afrikaans, and will be posted here in English from next week.


A Map of part of the Eastern Lands
Land of the Six Rivers


I've also made a pdf of the history of the Midland Wars – and it's illustrated! – which you can download by clicking this link: The Midland Wars.

You can also check out this Pinterest page for more of the maps of Airthai.


Medallion with courtesy of the Graphics Fairy.

Wêreldbou Woensdag – Ameragh, Dienares van die Lig


Kliek hier om die vorige wêreldbou gedeeltes te lees: Die Volk van die See, Die Aanfeald en die Éoghida deel 1 en deel 2.

Die verhaal van Ameragh
Sewe generasies na Lëalië is ’n dogter as eersgeborene van die Wíslic, die leier van die Aanfeald, gebore. Sy is Ameragh genoem, wat “Dienares van die Lig” beteken. As deel van die bloedlyn van die Wíslic is sy ook onderrig en opgelei om eendag as Wíslic van haar mense saam met haar susters. In die jaar van haar vyftiende somer het sy vir die eerste keer van die Oostelike Bewakers ontmoet op een van hulle reise om nuus van die Særíma en ander kusvolke aan die Éoghida en Aanfeald te bring. Na Ameragh die Bewakers ontmoet het, het sy besluit dat sy ook een wil wees, maar het by haar mense gebly omdat sy steeds hiér ’n rol gehad het.

In haar twintigste jaar het sy liefde gevind, soos Lëalië, by een van die Éoghida. Hy was egter ook familie van die Oueres van die volk en hulle troue is deur beide die Wíslic en die Oueres geseën. Maar voordat hulle kon trou het daar weer ’n draak vanaf die Drakespits in Nenemna na Éargestréon in die Land van Ses Riviere gekom. Die draak is weggelei van die mense af deur twaalf van die Aanfeald se beste vegters en het sy dood teëgekom op die grys heuwels buite die stad, maar met ’n swaai van sy silwergrys stert het hy Ameragh se geliefde saam met hom na sy graf geneem.

Sy het rouklere aangetrek en vir ses maande het sy gerou soos die gebruik van die Aanfeald is. Na hierdie ses maande het haar opleiding as Wíslic voortgegaan. Daar was weer vrede in die Land van Ses Riviere, maar verder suid, in die valleie van Morgeneard, was daar probleme.
'n Draak het uit Nenemna gekom
Tussen die drie provinsies van Morgeneard het burgeroorlog gedreig en die mense het besluit om hulp te kry. Een van die provinsies het na die Éargestreon gegaan om hulp van die Wíslic – wie se wysheid wyd bekend was – te gaan vra. ’n Ander provinsie het na na die Bewakers van Éamidthéo gegaan wat wes van Morgeneard was terwyl die derde die hulp van een van die Ahma gevra het.

Ameragh het saam met die Wíslic en twee van die Oueres na Morgeneard gereis en met die leiers, Ahma en Bewakers vergader.  Die situasie in Morgeneard is ontlont, maar Ameragh het weer gevind dat sy tot die lewe van ’n Bewaker aangetrokke is. Sy het weer met haar moeder gepraat en daar  is besluit dat Ameragh vir twee jaar as Bewaker sou gaan lewe. Hiérdie sou dien as deel van haar onderrig as Wíslic en na haar mondigwording het Ameragh na die Bewakers in Éamidthéo gegaan het.

Net ’n paar jaar tevore is vrede in die Middellande gevestig na die Middelland Oorloë wat oor ses dekades gestrek het. Al die inwoners van die Middellande het hard gewerk om hulle tuistes weer op te bou en vinnig het sommige van die stede weer begin floreer. Die hoofpad wat gelei het vanaf die hoofstad van Treddian in die suide, deur die vorige hoofstad van Guldargan en verder noord na die Noordelike Lande is weer opgebou om die hoof handelsroete van die Middellande te word.
Maar alles was nie pluis in die nuwe koninkryke nie. Struwelings langs die nuwe grense van die koninkryke het kort-kort plaasgevind, maar die grootste bedreiging vir die vrede in die Middellande sou die Fáll van Argavér wees.

Jy is hier
Opsoek na kaarte van Ameragh om jou pad te vind? Ek probeer om by elke inskrywing ’n kaart te plaas waar dit nodig is, maar hierdie kaarte kan ook gesien word – en groter gesien word – op hierdie een van my Pinterest plakborde.

Hier is ook twee nuwe kaarte wat ek geteken het – en hulle is sommer in Afrikaans én Engels. Die eerste is ’n kaart van ’n gedeelte van die Oostelike Lande en die tweede is van die Land van die Ses Riviere. Ta-da!

Die Oostelike Lande

Land van die Ses Riviere

Gaan koekeloer gerus op Hersenskim vandag vir nog lekker leesgoed.

Volgende Woensdag: Ameragh die legende