“Die doel van hierdie Afrikaanse Bybelvertalingsprojek is om 'n goed verstaanbare, bronteksgeoriënteerde Afrikaanse vertaling van die Bybel wat geskik is vir voorlesing en gebruik in eredienste, asook vir kategese, Bybelstudie en persoonlike gebruik te skep.” – Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika
Potgooie
Op 3 Augustus en 17 Augustus het Die tale wat ons praat op RSG interessante onderhoude met dr. Karen de Wet (die voorsitter van die literêre advieskomittee) gevoer oor Die Bybel: ’n Direkte Vertaling. In hierdie onderhoud word die wyse waarop die vertaling geskied eenvoudige uiteengesit.
Die ingewikkeldheid van hierdie tipe vertaling, die sorg waarmee dit geskied en die manier waarop woorde vir die teikenteks gekies word, is baie interessant. Ek dink die potgooi gee ook die luisteraar ’n algemene oorsig van die manier waarop alle vertalings (behoort te) geskied. Vertaling behels veel meer as om slegs ’n teks in Google Translate in te tik en ’n knoppie te druk. Dit is eintlik ’n spel met woorde – om die perfekte een te vind om die bronteks vir ’n nuwe gehoor oor te dra.
#471051687 / gettyimages.com
Skakels
Skakels
Die Bybel: ’n Direkte Vertaling het ’n webwerf met ’n algemene vrae, ’n verklaring deur Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika oor die vertaling en verskeie verduidelikings aangaande die teks. Tekste vir kommentaar kan ook daar gelees word.