Wednesday, May 27, 2015

Kroniese siektelyers: moet ons nie leuenaars noem nie

Please note: I haven’t translated this piece, which was posted on Woes (a creative platform for Afrikaans). Not yet, in any case...

Hierdie stuk het die eerste keer op Woes verskyn.




“Mense het net kroniese siektes omdat hulle nie passievol genoeg is oor die lewe nie.”

Hierdie stelling is sekerlik een van die simpelste en oningeligte stellings wat ek in ’n baie lang tyd gehoor het. Wel, dit en “Het jy al probeer om meer water te drink?” asof elke siekte onder die son (fisies en geestelik) deur dehidrasie veroorsaak word en ’n persoon se DNS absoluut niks met siektes te make het nie.

Ek noem hierdie stelling simpel en oningelig oor ’n paar redes. Een rede is dat dit blyk asof daar die veronderstelling is dat die persoon kies om siek te wees. In dieselfde asem is daar ook die veronderstelling dat die persoon eintlik maar net lui is en die siekte as ’n verskoning gebruik. En, omdat die persoon lui is, het hulle nie ’n passie vir die lewe nie. Jy neem ’n dag af, want jy is lui. Jy gaan nie uit nie, want jy is lui. Dat jy te siek is om uit die bed op te staan, word in sulke gevalle oorgesien en as kaf afgemaak.

Nie net een definisie van “passievol” nie
Maar miskien het ons ook begin om slegs een spesifieke definisie aan ’n “passie vir die lewe” te heg. Dit beteken dat jy altyd besig moet wees, altyd aan die uitgaan moet wees, dat jy berge moet uitklim en valskermspring. Dat jy eintlik soveel energie het dat jy nie weet wat om daarmee te doen nie. Dat jy nie op medikasie moet steun om simptome genoeg onder beheer te hou dat jy net kan opstaan en werk toe gaan nie. En daarom blyk dit dat om siek te wees - iets waaroor jy geen beheer het nie - as ’n swakheid gesien word. As jy nie ’n loopneus of ’n hoes of iets van die aard sien nie, glo jy nie dat die persoon te veel pyn het om selfs net trappe te klim die dag of net vir ’n rukkie in die badkamer wil sit en huil omdat hulle net nie meer kan nie.

En hier is dalk die groot geheim van die lyers - jy sien nie sommer die simptome nie, want dit word weggesteek. Dit word weggesteek juis omdat jy nie as swak, lui, dom - of selfs gevaarlik wanneer dit by geestesiektes kom - gesien wil word nie.

Ons is nie leuenaars nie
Wat baie mense wat sulke stellings maak lyk my nie besef nie, is dat dit oor veel meer gaan as om te impliseer dat iemand lui is. Jy noem die persoon ’n leuenaar. So eenvoudig soos dit. Jy beskuldig die persoon daarvan dat hulle slegs voorgee om siek te wees en dus elke dag van hulle lewe vir jou lieg.

En tog is dit hierdie vooroordele wat veroorsaak dat lyers aan kroniese siektes en geestesiektes hul simptome al hoe meer en meer probeer wegsteek. Want, sê jy in elk geval hoe jy regtig voel die dag, vra mense jou hoekom jy by die werk is. Maar wat so moeilik is om ander te laat verstaan is dat ’n “goeie dag” nie ’n dag is waartydens jy geen simptome het nie. Dit beteken slegs dat die simptome van so aard is dat jy dit kan hanteer. Want jy leer met die jare saam dat jy dit net moet hanteer.

Vooroordele en stigma
Hoe beweeg ’n mens verby die stigma en die vooroordele? Veral in ’n wêreld waar jy nie net die respek van vriende, kollegas en familie kan verloor nie, maar waar jou werk ook oornag in die gedrang kan kom? In ’n wêreld wat, sodra sekere mense uitvind dat jy aan ’n geestesiekte ly hulle dadelik begin optree asof jy skielik in ’n geweldadige massamoordenaar ontaard het. In ’n wêreld waar mense, in plaas daarvan om meer te probeer uitvind, hulleself onttrek en te bang is om selfs hulle kinders naby jou toe te laat.

Die moeilike en maklike antwoord is om mense daaroor te vertel en hulle daaoor te probeer inlig. Mense met kroniese siektes - veral die soort wat jou lewensgehalte inperk - doen gewoonlik baie navorsing oor hul siektes. Ek weet, byvoorbeeld, meer oor die navorsing rondom die CACNA1-geen as meeste mense. Die probleem is om die beste manier te vind om mense in te lig sodat hulle regtig luister na wat jy te sê het. (Wat beteken dat mens nie begin by “so daar is hierdie een geen…” nie.)

Humor… want dis nie snaaks nie
Behalwe vir die probleme omtrent diskriminasie, is humor - so vreemd soos wat dit dalk mag klink - ook ’n groot probleem. Grappe wat handel oor siektes - en veral geestesiektes kom hier te sprake - is baie selde snaaks. Meestal is dit mense wat grap dat hulle “OCD is” omdat hulle altyd drie suikers in hulle koffie moet hê, “Bipolêr is” omdat hulle vinnig kwaad raak, ens. Dit bewys eintlik net dat hulle geen idee het van wat die siekte eintlik beteken nie. En dit maak dit af as ’n onbelangrike ding of iets wat nie “regtig” ’n siekte is nie. Iets waarvoor jy net meer water moet drink of ophou lui wees.

Ek wens vir die dag wat alle mense regtig probeer om meer oor kroniese siektes uit te vind en nie meer bang sal wees vir almal wat aan ’n geestesiekte ly nie. Vir die dag wat ’n mens maar by die werk kan inloop en sê “Ek het hierdie of daardie siekte” en, in plaas daarvan om simpel grappe te hoor of vertel te word om meer water te drink (of jou medikasie te staak), kollegas jou net stilweg sal ondersteun en jou nie kwalik neem oor iets waaroor jy geen beheer het nie.

Nota: Hierdie rubriek is geskryf uit eie ondervinding en met bydraes deur vriende en familie se daaglikse ervarings. Genadiglik is daar ook mense wat wel ondersteunend is en nie vooroordele het nie - of ten minste van hulle ontslae raak. Baie maal is dit hierdie mense wat die lewe die moeite werd maak. 


Foto deur: Sergey Zolkin, StockSnap.io


Tuesday, May 26, 2015

5 Awesome Sites for Free Stock Photos

Gratisography
If it’s just a personal blog/project you’re busy with, you don’t always have the money to afford professional quality stock photos. But don’t worry; you don’t have to settle for mediocre photos that will make your site look everything but professional. There are quite a few sites where you can get quality stock photos to use for free. The images on these sites are almost all released under creative commons public domain and are free of copyright restrictions. Read more about creative commons licenses on their site



All photos on this site have been released under the creative commons public domain license and therefore need no attribution.

The photos on this site have also been released under the creative commons public domain license and 10 new photos are added every 10 days.

A great site if you’re looking for something a bit quirky. These images are for personal and commercial use and are free of copyright restrictions. All photos by Ryan McGuire.

This site contains photos from public archives, which are free of known copyright restrictions.

ISO Republic
The images on this site also don’t require attribution, although spreading the word about the site is appreciated.


Of course, you can give credit where credit’s due if your project allows it. Giving attribution to the photographer is always appreciated, especially when it’s not expected.




Thursday, May 21, 2015

A Trio of Micro Fiction Tales for Tea Time


Milton Manor, Sutton Wick. CC2.0 photo by John Turner.
Warmup Wednesday over at Flash! Friday gave this photo as a prompt. For the second part of the prompt, you had to use a song title as the title of your story - and write a story of exactly 100 words. I decided to try and write three stand alone stories which are part of the same story. My thoughts went to a ship on the sea instead of a rowboat on a lake… So, of course, I had to start off with “Alas, you salt sea gods” and take it from there.




Hope you enjoy these three micro tales!

Alas, you salt sea gods

A sorrow-filled salt breeze curls around the house and pushes at the water where the child-sized boat stands empty upon the water. Beyond the grand house and manicured lawns a figure in white traces the edge of the tall cliffs where waves throw themselves to foam against the rocks. Her feet follows the path worn during long days of worrying and waiting. A gold locket with two photos polished bright by worried hands. The wedding dress worn the day before the ship set sail still catches in the salt air every day as she stands, weeps, and hopes.

Flow My Tears

A mother’s hands are never still. Today they busy themselves knitting a thick jersey the colour of the sea on a winter’s day. A cold day like today when foam washes and blows and cover the rocks like snow. When the mist conceals the great house and the sorrows it holds. A young bride left alone. A mother worrying and pouring every weeping breath and tear into the wool that will keep him safe from cold when he returns. If he returns.

The yarn twists and knots like her mind and her aching heart. A mother’s hands are never still.

Way to Go

The romance of the sea soon made way for fear stretching its tentacles from the depths of the dark crypt that lie wherever they go. Fiery drink do little to sway the cold or the loneliness. He dreams of his bride waiting on the cliffs, guiding the ship safely home. He dreams of his mother sitting in a chair by the windows; her hands as busy as they always are.

Many miles still stretch between him and home. But a figure in white and yarn the colour of the sea pulls him away from the crypt and takes him home. 


Here you can have a listen to the songs:

Alas, you salt sea gods by Farrant



Flow my Tears by John Dowland. Here’s a link to the lyrics of the song.



Way to Go by Thieve and Die Heuwels Fantasties




"Jurassic Landscape" by Tom Eversley