Note:
This post is about the Afrikaans book Boererate by Danie Smuts. The video is in English, though, and concerns scientific findings
made concerning a medieval recipe for a medicine that may have antibiotic
properties.
Wanneer ’n mens
op soek is na ’n idee vir ‘n verhaal (veral fantasie) is mitologie en folklore
’n baie goeie punt om mee te begin. Maar folklore is nie net feëtjies en elwe
nie – daar is soveel gebruike en bygelowe wat as folklore getel kan word. Met
die heruitgawe van Boererate
deur Danie Smuts (Penguin), is daar nou weer ’n skatkis van ou kennis
beskikbaar vir die hedendaagse leser. Natuurlik moenie al hierdie boererate
geglo (of gevolg) word nie, maar dit bly beslis interessant om te lees! Daar is
ook heelwat rate op die internet ook te vind, natuurlik – maar neem alles maar
met ’n knippie sout.
Gepraat van
boererate, folklore en goeters, laat dit my dink aan die wonderlike
wetenskaplike bevindings wat nie te lank gelede nie aan die media vrygestel is.
(Nog ’n bewys dat die Middeleeue nié niks vir die mensdom se vooruitgang beteken
het nie...) In een van die mediese boeke van die negende eeu n.C. is ’n resep
vir medisyne wat bestaan uit knoffel, uie, wyn en gal. ’n Paar wetenskaplikes
het hierdie konkoksie aangemaak en bevind dat dit antibiotiese eienskappe het!
Dit lyk selfs belowend om MRSA te dood. Hier is ’n kort video oor hierdie
studie en bevindings.

No comments:
Post a Comment