22 September word “Hobbit Dag” genoem omdat dit beide Bilbo en Frodo se verjaarsdag is in die boeke The Hobbit en The Lord of the Rings deur JRR Tolkien. Op hierdie dag word verskeie feeste en partytjies wêreldwyd gehou ter viering van hierdie dag.
Dus, as jy wil partytjie hou, die boeke lees, of net sit en ontspan, het ek dit goed gedink om musiek wat deur Tolkien se werke geïnspireer is in hierdie inskrywing ten toon te stel.
Strelende ballades en pragtige musiek
Seker die bekendste Tolkien-geïnspireerde groep is die Deense The Tolkien Ensemble, wat die liedjies en gedigte uit Tolkien se werke sing. Hulle webwerf is hierso en hier is een van my blog inskrywings wat hulle musiek bevat.
The Lonely Mountain Band het ook wonderlike, oorspronklike musiek wat deur Tolkien geïnspireer is. Hier is hulle webwerf waar jy ook na hulle musiek kan luister.
Die Nederlandse Keltiese groep Anois, sing ook van die liedjies uit Tolkien se boeke sing. Gedeeltes uit van die liedjies kan gratis afgelaai word by hulle webwerf. Hierdie is strelende musiek met die elfagtige stem van Veronica Metz. Besoek hulle webwerf hier. Luister ook sommer na hulle ander, pragtige musiek.
Vir ‘n regte opskop
As jy eerder ‘n opskop wil hou, stel ek Marc Gunn se album Don’t Go Drinking with Hobbits, voor. Spesiaal vir vandag kan jy ook die album gratis (en heeltemal wettig) by hierdie webwerf aflaai. Beslis een vir my om aan te skaf!
Hierdie is liedjies wat deur Marc Gunn self geskryf is en is geïnspireer is deur beide The Hobbit en The Lord of the Rings. Besoek ook sy ander webwerf hier vir nog goeie Keltiese musiek.
(Ja, ek is mal oor Keltiese musiek!)
Maar, watookal jy besluit om hierdie Saterdag doen, geniet dit!
No comments:
Post a Comment