Wednesday, November 14, 2012

Folklore Woensdag: Baba Jaga

Baba Jaga deur I. Bibilin (1900)

Een van die eerste verhale wat ek kan onthou wat my regtig bang gemaak het, was dié van Baba Jaga wat deel van ‘n versameling van verhale van regoor die wêreld was. Dié spesifieke verhaal eindig met Baba Yaga se oë wat met teer toegesmeer word. Die illustrasie wat by die storie was is eintlik die ding wat my bang gemaak het. Sy was geteken as ’n heks met ’n gesplete tong soos ’n slang en hoenderpote as ’n halssnoer om haar nek. Maar ek het eers later – toe ek regtig begin belangstel het in folklore en mitologie – meer oor die Baba Jaga-figuur geleer.


Hierdie heks van die Oos-Europese folklore woon in ’n huis wat op hoenderpote staan en wat se vensters soos oë toemaak. “Surrounding the hut is a fence made of human bones and decorated with skulls.” (2008:234) The Mythical Creatures Bible voeg ook by “…[l]ike other Hags, she is a wizened old woman with a long hooked nose”  (2008:234). In dieselfde boek word beskryf hoe sy deur die lug reis in ’n vysel wat sy roei met ’n stamper en dat sy haar spore toevee met ’n berkehout besem. The Ultimate Encyclopedia of Mythology (2007:183), egter, beskryf dat sy in ’n yster ketel deur die lug vlieg.

Een aspek waaroor al die bronne egter saamstem is dat sy ’n kannibaal heks “who lures human victims, especially children, to her hut and devours them.” (2008:234). The Mythical Creatures Bible voeg by “scholars believe that Baba Yaga was originally a potent female nature spirit, a provider of healing, protection, and guidance” (2008:234).
Daar is baie illustrasies van Baba Jaga (waarvan nie almal so bangmakerig is soos die een van die kinderboek waarin ek haar eerste teegekom het nie!), en hieronder is ’n paar te sien. Gaan kyk ook gerus op hierdie plakbord op Pinterest. 

Baba Jaga deur Rima Staines (2010). Volg die skakel om haar ander pragtige kunswerke te sien. 

Vir meer inligting en stories oor Baba Jaga, besoek hierdie webblaaie:

Bronne:
Rosen, Brenda. 2008. The Mythical Creatures Bible. Sterling Publishing, New York.  

No comments:

Post a Comment