![]() |
| Foto deur Subhadip Mukherjee |
“’n Knertsie brandewyn?” vra Bob, die jonger van die twee, terwyl hy van die kombuis na die spaar slaap-studeer-kamer stap, verby die sitkamer waar ‘n stewel deur die TV se glas gegooi is. Hy wou liewer nie vra nie. “Hoekom nie? Die Boeing is lankal oor.”Hulle gaan sit in identiese leerstoele voor ‘n nagemaakte vuurmaakplek met nagemaakte stompe en vlamme. ‘n Klein uitbeelding van die geboorte van Jesus staan bo-op ‘n rakkie. Bob glimlag as hy dit raaksien. “Ek is bly om te sien jy het dit nog.”“Maar natuurlik – daar is niemand anders in die wêreld wat só hout kan kerf nie. En die verf? Perfek. Mens sien nie meer baie sulke goed nie.”Die jonger man bloos. Sy oë is steeds vol lewe al is sy gesig verfrommel met tyd. “Ek het nog ‘n skapie gemaak,” sê hy en haal ‘n klein, wit, hout skapie uit sy sak. “Mens het ‘n kudde nodig. Die herders kan nie net agter drie skape kyk nie. En jy’t nog ‘n paar engele nodig. Ek sal hulle volgende jaar maak.“Dankie,” sê die ou man en sit die skapie sagkens tussen die ander neer. Hulle teug hul drankies in stilte, dan: “Hoe maak die lewe nou met jou?” vra Bob.“Maar dieselfde as ander ou mense, Bob,” sê die ou man. “Hulle wil mens nie meer in die omtrek hê nie. Daar’s nie meer briewe nie. Klein huisie, baie mense. Die buurman se kind het my gister gevloek omdat ek te stadig loop en het my boonop vet genoem.” Hy sug. “Meeste is nou so. Ek verkies dit om hier te bly met my herinneringe en gedagtes.”‘n Dowwe stamp-stamp klink op van die huisie langsaan. “En my eie musiek. Nie hierdie geraas nie.”“Die TV?”“Hulle het Kersvader een of ander afgryslike voorafbereide soja kalkoen ete laat adverteer. Toe strompel hy rond so dronk soos ‘n matroos, in ‘n nagklub, saam met ‘n klomp tieners. Ek kon nie die afstandbeheer kry nie toe gooi ek maar die eerste ding. Ek het lanklaas so goed gevoel. Hou in elk geval nie van die dekselse TV nie.”Hulle sit weer in stilte.
![]() |
| Kersvader deur The Graphics Fairy |
“Ek het ‘n speelding vir my susterskind gemaak; ‘n opwen trein. Ek het die hele ding met die hand gebou en geverf. En ek het tot die spore gemaak om soos dié buite die dorp te lyk. Bome, mense, geboue, alles.”“En?”“Hy het by die motorhuis ingekom terwyl ek besig was en gelag.” Bob vat ‘n teug brandewyn. “Later het hy en sy vriende dit aan die brand gesteek. Blykbaar wou hulle sien of geverfde hout vinniger brand as die wat nie geverf is nie.”“En het dit?”“Die lak was nog nat. Dit was soos om ‘n stompie op droë gras te gooi.”“Ek’s jammer.”“Ek moes dit in my kamer gehou het. Die verfwalms het net te veel geword.”Die ouer man glimlag. “Ventilasie is baie belangrik, jong.
Iemand hamer aan die voordeur.
Die mans kyk na hul horlosies. “Nog nie vieruur nie, hy kan maar wag.”“Ek klim nie in daai kar as hy dronk is nie.”“Dis Ou Kersdag, natuurlik is hy gesuip, die nuttelose –““Jy kan dit maar sê, ek dink dit ook.”“Die skapie is mooi, ek is bly jy’t dit gebring. Dit lyk meer eg met meer skape. Maar ek hou steeds die meeste van die donkie. Met daai hangoor lyk sy kompleet soos ou Daisy.”“Daai susterskind het my gevra waarvoor die skaap is.”“En toe?”“Toe sê ek vir hom dis vir ‘n uitstalling oor Jesus se geboorte. Hy’t nie geweet wat dit is nie.”“Sy ouers?”“Beide van hulle is heeltemal nutteloos.”
Iemand klop weer, harder.
“Dis nog nie vieruur nie. En ons is dowe ou mans.”“’n Paar koekies? Hulle is tuisgebak.”“Ek sê nooit nee vir melk en koekies nie. Dis ook die beste tyd van die jaar daarvoor.”“En musiek? Ons sal dit hard moet sit as ons wil hoor met die dat ons half doof is…”Klaas sit die radio aan en ‘n kersliedjie begin speel. Die ander een gaan na die yskas om die melk te kry. Die yskas is gevul met drank en jelly shots.“En dié?”“Die bure het nie genoeg plek gehad in hul huis vir al hul drank nie. Die goed het dit seker nodig vir die droë Kersfees wat hulle gaan hê.” Nie een van die twee lag nie. Bob eet een van die Pfefferneuse en vat ‘n sluk melk terwyl die hamer aan die deur voortgaan. Hulle sit die radio harder. Come, they told me“Snaaks hoe dit skielik twee dae se binge drinking is. Of tot die dag na Nuwe Jaar, as hul lewers hou.”Our finest gifts we bring“En al wat almal nou wil hê is videospeletjies en duur gadgets. Niemand wens meer nie. Alles is ‘n moet-hê. Onthou jy die speelgoed wat ons gemaak het? So to honour Him“En die musiek. En die liggies. Die geluk op die kinders se gesigte? Nou is hulle almal hebsugtige brats.”I have no gift to bring“En daardie gevoel van vrede as jy by ‘n kerk instap? Wat jou hart kon kalm maak vir nog ‘n jaar, wat jou laat veilig voel.”Shall I play for you“En nou?” Hy hoef niks te sê nie. Hulle altwee het geweet. Die gehamer klink weer. “Ek gaan loop as jy nie nou uitkom nie!” Bob vat nog twee Pfefferneuse en doop hulle in die melk. The ox and lamb kept time“Klaas, dink jy hulle sal ooit die huise kry? Of die werkswinkel?”I played my drum for Him“Nee, nooit. Ons het seker gemaak. Niemand sal in elk geval daar gaan kyk nie. Dit was toe ‘n goeie idée – veral die storie van die elwe.”I played my best for Him“Hmf! Simpel Google Earth, dis die noordpool! Wie gaan krap rond in die noordpool?”Then He smiled at me“Nog melk? Ek dink daar’s nog ‘n blik Pfefferneuse hier iewers.”
![]() |
| Kunswerk in 'n manuskrip |



No comments:
Post a Comment