Dit is al klaar daardie tyd van die jaar! Die boom is versier en die familie kom kuier. 'n Hoop Kersfees-flieks lê langs die DVD-speler (Hogfather, The Nightmare Before Christmas, The Nativity Story en Chronicles of Narnia: The Lion the Witch and the Wardrobe) en baie musiek - van Middeleeuse musiek tot Third Day se Kersfeesalbum - is reeds op die rekenaar gelaai.
Hier is 'n paar van my gunsteling Kersliedjies (en 'n nuwe een wat deur een van my vriende - Luan de Beer opgeneem is) om jou daardie feesgevoel te gee.
Mag almal wat hierdie blog lees en volg 'n wonderlike, geseënde Kersfees en nuwe jaar beleef!*
*Na 'n moeilike jaar het ek besluit om eerder 'n bietjie tyd af te vat - bloginskrywings sal weer in die tweede week van Januarie 2013 begin.
No comments:
Post a Comment