Monday, January 7, 2013

Durf die die Nuwe Jaar aan (Met musiek en baie koffie)




Welkom by die eerste inskrywing vir 2013! Soos ander jare het die feesseisoen te vining verby gevlieg en is die Nuwe Jaar goed opdreef. Die eerste paar dae voel in elk geval vreeslik vreemd – mens eet nog kerskoekies, daar is byna niemand by die kantoor nie en mens skryf of tik aanhoudend die datum verkeerd.

"Love and Coffee" deur Luca Baroncini
Nadat 2012 so ’n tuimeltrein jaar was – met meeste van die “af” dinge wat gebeur het goed was wat ek nooit so raai oor my pad sou kom nie – het ek besluit om nie ’n Groot Plan vir die jaar saam te stel nie. Jon Acuff se idees oor nuwejaarsvoorneme blyk ’n baie beter manier te wees om die volgende twaalf maande aan te pak.

Die bloginskrywings wat ek sover vir die jaar beplan het bevat nogal heelwat verrassings en ook meer “ander goed” en oordenkinge. Ek gaan steeds twee keer per week ’n inskrywings plaas – dalk meer gedurende sommige weke. Maar, voordat ek begin gorrel, laat ek eerder net sê – hoop jy het die nuwe Josh Groban liedjie geniet! Mag jou jaar gevul wees met seëninge, wonderlike leesstof, lekker musiek en baie koffie!

No comments:

Post a Comment