Laas week het omtrent verby gevlieg in ’n warrelwind van werk en (ongelukkig) sinusitis. Alhowel ek nie veel studeer of geskryf het nie, het ek darem ’n bietjie wêreldbou kon doen en het vir myself gesê dat om Thor te kyk ’n goeie manier is om te sien hoe Noorse mitologie verander word om by ’n spesifieke storie te pas*. Maar ek kon nou nie juis aan ’n produktiewe rede dink om al die ander flieks te kyk nie…
’n Verhaal en ’n onderhoud
Maar, terug by die interessante nuus – een van die lede van die Anomalous Sandbox (die skryfgroep waarvan ek deel is) het ’n storie in Desember gepubliseer en die storie – saam met ’n onderhoud – is nou beskikbaar om op die webwerf te lees. Gaan lees gerus sy“Deprescience” hier en lees die onderhoud hier. Om middelmatigheid aanvaarbaar te maak
Ek het ook begin om stadig maar seker inskrywings op Story Lane te gaan plaas. Ek beplan om daar meer nie-fiksie en opinie stukke te plaas. Die eerste stuk lê my na aan die hart en is getiteld “Making Mediocrity Acceptable”.
*Indien jy dalk nuut is hierso – my verhandeling handel oor die gebruik van Noorse mitologie in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde.
No comments:
Post a Comment