Wednesday, November 20, 2013

Uit die argief: The Hobbit se dwerge – Durin se volk


Bilbo se mede avonturiers in The Hobbit is Dwerge en die towenaar Gandalf. Alhoewel meeste mense wat al opgelees het oor die inspirasie agter hierdie name in The Hobbit weet dat hierdie name uit die Eddasgeneem is, is dit steeds interessant om na die gedig te kyk waarin meeste van hierdie name voorkom en ook wié Durin in die Noorse mitologie is.
Die Eddas
Depiction of Andvari by F. Von Stassen (1914)
Die twee Eddas is die tekste waarin meeste van die Noorse mitologie opgeteken is. Die eerste gedig in die Ouer Edda is die Völuspá, en vertel van die skepping van die kosmos, die gode en die gebeure by Ragnarok; die einde (en hergeboorte) van die wêreld. ’n Gedeelte van hierdie gedig vertel van die dwerge en lys hulle by naam. Die Codex Regius(die manuskrip waarin die Ouer Edda opgeteken is) beskryf die skepping van die heer van die dwerge uit die bloed van Brimir en die ledemate van Bláin (Lindow2008:99). In die Gylfaginning in die Jonger Edda word vertel dat die dwerge geskep is uit maaiers wat in die lyk van die reus Ymir was. Een van die strofes in die Dvergartál; die lys van die dwerge, lees as volg:

Zuchter werd als meest imposante geschapen,
een op-en-top dwerg, Slaper was tweede.
Zij vormden velen, naar het beeld van de mens,
Uit aarde, die dwergen, zoals Slaper het zei...
(Otten 2007:28)

([Larrington 2008:5] se Engelse vertaling lees as volg:
Then Motsognir became the greatest of
all the dwarfs, and Durin another;
Many manlike figures they made,
dwarfs from the earth, as Durin recounted.)

In Tolkien se werke word daar na die dwerge* verwys as “Durin se volk”, wie duidelik vernoem is na Durin in die Noorse mitologie en, in The Hobbit, sê Thorin Oakenshield (die leier van die dwerge wat op die avontuur gaan): “Durin, Durin!... He was the father of the fathers of the eldest race of Dwarves, the Longbeards, and my first ancestor: I am his heir.” (Tolkien 2010:50)

Tolkien gee ook sy dwerge name uit die Dvergartál. Die volledige lys van name bevat egter heelwat meer as dié wat in die verhaal voorkom. Die naam “Gandalf” word ook as ’n naam van ’n dwerg gegee en ’n paar van die name bevat “alf” (elf) wat net wys hoe vaag die onderskeid tussen dwerge en elwe in die Noorse mitologie is. Thorin Oakenshield se naam bestaan ook uit twee van die dwergname wat in die gedig gegee word. Die dwerge wat hier genoem word, word na verwys as Durin se afstammelinge en “die mense van Lofar”. Hier is die volledige lys name:

Die dwerge se name
In Larrington se vertaling word die name van die dwerge as volg vertaal (daar kan gesien word in die volgende vertalings hoe sommige van die betekenisse van die name nie heeltemal duidelik is nie):
New-moon and Dark-of-moon, North and South
East and West, Master-thief, Delayer,
Bivor, Bavor, Bombur, and Nori,
An andAnar, Great-grandfather and Mead-wolf.

Liquor and Staff-elf, Wind-elf and Thrain,
Known and Thorin, Thror, Colour and Wise,
Corpse and New-advice: now I have rightly
- Regin and Counsel-sharp – reckoned up the dwarfs.
Fili and Kili, Foundling and Nali,
Haft anfVili, Hanar and Svíur,
Frar and Hornborer, Fræg and Sea-pool,
Loamfield, Iari, Oakenshield.
Time it is to tally up the dwarfs in Dvalin’s lineage,
the people of Lofar,
those who sought out from the stony halls
the dwelling of Loamfield on Iorovellir.
There were Draupnir and Dolgthrasir,
Greyhair, Mound-river, Lee-plain, Glow,
Elf and Yngvi, Oakenshield.
Fialar and Frosty, Finn and Betrayer;
they’ll be remembered while mankind endures,
the long tally of ancestors of Lofar.
(Larrington 2008:5-6)

Otten (2007:28-9) se vertaling van dieselfde gedeelte lees as volg:
“Wassende en Slapende Maan, Noord en Zuid,
Oost en West, Meesterdief en Draler,
Bibber en Glitter, Papzak en Schrompel,
Vriend en Vechter, Oeropa en Medewolf.

Slokje, Toveralf, Windalf en Smachter,
de Makke en Durfal, Tochtig, Wijs en Blos,
het Lijk en Nieuwe Raadgever, nu heb ik de dwergen
- Heerser en Wijs Besluit – goed opgesomd.

De Vijl en de keil, Vondeling en Naald,
de Kruk en de Sloof, Kraaier en Draaier,
de Rappe, Hoornborer en de Fameuze, Van ’t Strand,
Uit ’t Leem, In ’t Zand, Met ’t Eikenschild.

Nu zal ik uit Dralers leger de dwergen
tot Roemrijk opsommen voor het mensenkroost.
Zij zochten een plek ver van de aarde vol stenen
in de leemvelden bij de Zandvlakten.
Je had Druppelaar en Dreiger,
Eenoog. Heuvelspoor, Windstille Wei, Gloeier,
de Pletter, de Weger, Schaver en Oeropa.

Alf en de Spies, Met ’t Eikenschild,
Spieder, Vriezer, de Lap en Bedrieger;
moger bekend blijver zolang de mensheid bestaat
de lange rij voorouders tot Roemrijk.”

’n Ander vertaling van hierdie strofes kan in John Rateliff se The History of The Hobbit:Part Two Return to Bag-End(2008) gevind word. Hy gebruik die Oudnoorse teks deur FinnurJónsson (1905), en die vertaling van die teks deur Ursula Dronke, wie se werk wonderlik, maar hoogs geannoteerd is en nie bedoel is vir ligte leesgoed nie.† Ek gee slegs die Engelse teks hier, met die dwerge van The Hobbit se name wat na die vertaling gegee word:
There did Mootsucker
become most esteemed
of all dwarfs,
andDoorward next.
They fashioned many
figurines,
these dwarfs, out of earth,
asDoorward told:

‘New Moon and No Moon,
North and South,
East and West,
All-thief, Dawdler (Dwalin),
Trembler (Bifur), Trumbler (Bofur),
Tubby (Bombur), Shipper (Nori),
Friend and Fighter,
Een van die nuwe film se plakkate
Old Father (Oin), Mead Wolf,

Potion and Sprite Elf (Gandalf),
Wind Elf, Yearner,
Docile and Darer (Thorin),
Thrive, Clever and Colour,
Corpse and New Counsellor –
now  I have the dwarfs
 - Power and Plan-wise –
Correctly counted.

Trunky (Fili), Creeky (Kili),
Found, Needly,
Handle, Drugde,
Craftsman, Dwindler,
Brilliant, Horn Borer,
Famous and Lagooner,
Loam Lea, Earthy,
Oakenshield.

It is time to trace the dwarfs
in Dawdler’s troop,
for men’s progeny,
back to Praiser –
those dwarfs who sought,
from Mansion’s Stone,
the homes of Loam Leas
at Earth Plains.

There was Dripper
And Strife Eager,
High, Grave Treader,
Shelter Field, Gleamer (Gloin),
Joiner, Groiner,
Crooked Finn, Old Father,

Elf and Yngvi,
Oakenshield,
Hider and Frosty,
Finn and Potent.
Uplifted in memory
as long as the world lives
will be this list
ofPraiser’s lineage.’
(Dronke 1997:9 – 11)

’n Paar van die name wat aan die dwerge gegee is word egter slegs in die Jonger Edda gevind. In die Gylfaginningword die lys van dwerge weer gegee, maar hierdie keer word die name Dori, Ori, Dain en Nain bygevoeg (Rateliff 2008:868).

Wonderlike Vakmanne
Freyja met die Brisingamen - 'n kunswerk deur J. Penrose (1890)
Soos Tolkien se dwerge, is die dwerge in die Noorse mitologie ook skeppers van wonderbaarlike voorwerpe, soos Sif se hare, die Brisingamen halssnoer, Thor se hamer, Odin se spies en die ring Draupnir. Hulle maak ook die boeie waarmee die wolf Fenrir tot Ragnarok vasgebind word en die mede van digkuns.
In Tolkien se wêreld is die Elwe en Dwerge twee heeltemal aparte rasse, elk met hul eie geskiedenis en taal. Die skrif wat deur die dwerge gebruik word is ook die runes van die Germaanse volke wat steeds op verskeie stene en artifakte gesien kan word.

Nog boeke
Nog verhale oor die verskillende rasse, hulle skepping en die geskiedenis van Middle-Earth kan in die The Silmarillion gelees word. Alhoewel hierdie boek baie donkerder as The Hobbit en selfs The Lord of the Rings, is dit pragtige, epiese verhale en kan ek dit werklik aanbeveel vir enige iemand wat meer te wete wil kom oor Middle-Earth.

En geniet ook regtig CarolyneLarrington se vertaling van die Ouer Edda, aangesien dit in kontemporêre Engels geskryf is en vlot lees. Dit is ’n goeie weergawe om mee te begin as jy net begin om die Eddas  te lees. Jesse Byock se vertaling van die Jonger Edda is ook ’n baie goeie vertaling alhoewel dit nie die Háttatál bevat nie. Die mitolgie is baie makliker om te verstaan indien mens met die Jonger Edda begin en dan die Ouer Edda lees as anders om.

Bronne aangehaal:

(*Tolkien gebruik die meervoud “dwarves” in sy fiksie om spesifiek te verwys na die afstammelinge van Durin.)
† Die derde volume van Dronke se werk is nou beskikbaar. Ek hou maar duim vas dat die universiteitsbiblioteek dit aankoop of dat ek die lotto wen...  

No comments:

Post a Comment