Monday, January 31, 2011

A Question About Fantasy - ‘n Vraag oor fantasie

(Afrikaanse teks volg)

A while ago I placed a question to my fellow Anomalians over at Where the Map Ends. It read as follows:


Hi everyone,

I've been wondering about this for quite some time, and don't really know of the best answer that I can give to people (Christian or not) when they have questions for me.

See, there's quite a lot of people that seem to believe if you like fantasy (or sci-fi, for that matter) that you can't be a Christian. Now, I know that we all know that this just isn't true, but what is the best way to explain this to people?

I have a few friends that just see fairy tales or even just witchcraft and the dark arts and think that, because I like fantasy, that I dabble in those things.

I've told them to read some of my stuff if they're worried - if dark arts are mentioned it's the "baddies" that use it, not the hero. A lot of the stories in my worlds (like Airthai) evolve along the lines of power and good and evil and how to resist "bad" power. For me it makes sense that the hero/in has to be up against big odds, otherwise it's not worth it.


I hope this makes sense!

Marsh

I am sure I’m not the only one to have struggled with this. The literature of my mother tongue (Afrikaans) also does not really have much fantasy or sci-fi to offer and although other mythologies (mostly Classical) are sometimes used in the literature, there is no high or epic fantasy that I know of at all. When starting my Master’s degree about the influence of Norse myths on Afrikaans literature, I soon found out that I needed to branch it out to include Dutch literature as well to have enough texts to study! Even just doing this study had people asking me whether I believe in those gods and when I turned away from Christ!

So, when you’re a Christian fantasy writer… And you use myths to prove a point or make up your own myths… What do you tell people?

I received this wonderful answer from Sean Rackley which I wanted to share with others who may be in the same boat as I am:
The way I handle this question is to encourage those in discussion with me to see Jesus' parables as spec-fic. Then, the leap to fantasy or sci-fi is not so huge. Jesus related Truth to a dying world through stories (I often wonder if they were true stories given their author, but I digress) that they can relate to. He taught an agricultural society using mostly agricultural stories (a farmer sowing seed, e.g.).
Our audience is familiar with things vastly different from agriculture (so, the parable of the sower could be told as a colonizing, terraforming society with different results on different planets or as a knight who actively defends his realm from the seed-stealing birds, rocks, and thorns that just happen to resemble dragons, golems, and dark elves--with pointy arrows). Throw in some necessary plot elements to make it more than a few paragraphs and viola!--a story is born.
People still don't always agree, but at those times I remind myself that God hasn't called me to argue why I write, just to write. Even if I'm the only person who comes closer to God through my fiction and poetry, then I've done my job.

***

‘n Ruk gelede het ek ‘n vraag aan my mede Anomaliane gestel op Where the Map Ends. Dit lees as volg:




Hallo almal,


Ek wonder al ‘n ruk hieroor en ek weet nooit regtig wat is die beste antwoord wat ek vir mense (Christen of nie) kan gee wanneer hulle vir my vrae het nie.

Sien, daar is nogal baie mense wat blykbaar glo dat, wanneer jy van fantasie (of wetenskapsfiksie) hou jy nie ‘n Christen kan wees nie. Nou, ek weet óns almal weet dat dit net nie waar is nie, maar wat is die beste manier om dit aan mense te verduidelik?

Ek het ‘n paar vriende wat slegs feëverhale of selfs net heksery en die bose sien en dink dat, omdat ek van fantasie hou, ek myself met daardie soort goed besig hou.

Ek het al aan hulle gesê om van my goed te lees indien hulle bekommerd is – indien bose en heksery genoem word is dit die “slegte ouens” wat dit gebruik, nié die held nie. Baie van die stories in my wêrelde (soos Airthai) ontwikkel ook langs die lyne van goed en sleg en hoe om “slegte” mag te weerstaan. Vir my maak dit sin dat die held/-in teen groot struikelblokke te staan moet kom, want anders is dit nie die moeite werd nie.


Ek hoop dit maak sin!


Marsh


Ek is seker ek is nie die enigste een wat al hiermee gesukkel het nie. Die literatuur van my moedertaal (Afrikaans) het ook nie veel fantasie of wetenskapsfiksie nie en alhoewel ander mitologieë (meestal Klassiek) soms in die letterkunde gebruik word, is daar geen hoë of epiese fantasie wat ek van weet nie. Toe ek my Meestersgraad oor die invloed van Noorse mites op die Afrikaanse literatuur begin het, het ek gou gevind dat ek dit moet uitbrei om Nederlandse letterkunde ook in te sluit sodat ek genoeg tekste het om te studeer! En selfs net met hierdie studie het mense my al gevra of ek in daardie gode glo en wanneer ek weggedraai het van Christus af!


Dus, wanneer jy ‘n Christelike fantasie-skrywer is… en jy mites gebruik om ‘n punt te bewys of jou eie mites opmaak… wat sê jy aan hierdie mense?


Ek het hierdie wonderlike antwoord van Sean Rackley ontvang wat ek graag met ander wat dalk in dieselfde bootjie as ek sit wil deel:


Die manier waarop ek hierdie vraag hanteer is om dié wat ook aan die gesprek deelneem Jesus se vergelykings as spekulatiewe fiksie te sien. Dan is die sprong na fantasie en wetenskapsfiksie nie so groot nie. Jesus het die Waarheid aan ‘n sterwende wêreld verkondig deur stories te gee waarby hulle kon aanklank vind (ek wonder soms of die stories nie waar is nie as mens kyk na wie die outeur is, maar ek dwaal nou van onderwerp af). Hy het byvoorbeeld ‘n landbougemeenskap geleer deur meestal lanboustories te gebruik (soos byvoorbeeld ‘n boer wat saad saai).
Die manier waarop ek hierdie vraag hanteer is om dié wat ook aan die gesprek deelneem Jesus se vergelykings as spekulatiewe fiksie te sien. Dan is die sprong na fantasie en wetenskapsfiksie nie so groot nie. Jesus het die Waarheid aan ‘n sterwende wêreld verkondig deur stories te gee waarby hulle kon aanklank vind (ek wonder soms of die stories nie waar is nie as mens kyk na wie die outeur is, maar ek dwaal nou van onderwerp af). Hy het byvoorbeeld ‘n landbougemeenskap geleer deur meestal lanboustories te gebruik (soos byvoorbeeld ‘n boer wat saad saai).
Ons gehoor is bekend met dinge ver verwyderd van landbou (dus kan die vergelyking van die saaier oorvertel word as ‘n kolonialiserende gemeenskap wat terraforming uitvoer met verskillende resultate op verskillende planete, of as ‘n ridder wat sy ryk beskerm teen voëls wat saad steel, klippe en dorings wat per toeval drake, golems en donker elwe – met gepunte pyle is). Gooi ‘n paar nodige storie elemente in om dit meer as ‘n paar paragrawe lank te maak en voila! – ‘n storie is gebore.
Mense stem steeds nie altyd ooreen nie, maar op daardie tye herinner ek myself daaraan dat God my nie geroep het om te stry hoekom ek skryf nie, net om te skryf. Selfs indien ek die enigste person is wat nader aan God deur my fiksie en poësie kom het ek my werk gedoen.

No comments:

Post a Comment