Friday, December 2, 2011

A Summer Christmas


Before you know it, the year is almost at its end. Summer is in full swing, the sale of ice and fans are booming and everyone is getting into a festive spirit. While I love traditional carols and many modern Christmas songs, it is sometimes nice to have songs that doesn’t sing about snow or how cold it is. One of my favourite Christmas songs is called “Somerkersfees” or “Summer Christmas”. It also brings back so many good memories of Christmas and the family or church singing it together. The song was written in 1971 and the lyrics of the first two verses and music was written by Koos du Plessis, while the third verse was added by Jannie du Toit. It has been included as song 358 in the Liedboek van die Kerk with the title “Welkom, o stille nag van vrede”.

Below are a translation of the lyrics along with the original and a video of the song.

Voor mens jou oë uitvee is die jaar amper verby. Somer is in volle gang, die verkope van ys en waaiers is aan die styg en almal kom in die gees van die seisoen. Alhoewel ek baie hou van tradisionele Kersliedere en baie moderne Kersfees-liedjies, is dit partykeer lekker om liedjies te hoor wat nie sing oor sneeu of hoe koud dit is nie. Een van my gunsteling Kersliedere is “Somerkersfees” – hier vertaal as “Summer Christmas”. Dit bring ook soveel goeie herinneringe terug van Kersfees en die familie of kerk wat dit saam sing. Die lied is in 1971 geskryf en lirieke van die eerste twee verse en die musiek is deur Koos du Plessis geskryf, terwyl die derde vers deur Jannie du Toit geskryf is. Dit is as lied 358 in die Liedboekvan die Kerk opgeneem met die titel “Welkom, o stille nag van vrede”.

Hieronder is ’n vertaling van die lirieke, saam met die oorspronklike teks en ’n video van die liedjie.

Summer Christmas

Welcome o silent night of peace
beneath the southern cross,
while voices from the old past
murmur across the starry heaven

Christmas comes, Christmas comes –
give the glory to God.
Gift to us a bright summer Christmas
in this country, o Lord.

Do you hear how softly the bells chime
in language centuries old.
Look, even the silence of the night
tells the old tale.

Christmas comes, Christmas comes –
give the glory to God.
Gift to us a bright summer Christmas
in this country, o Lord.

Do you also now feel his warm love
when we commemorate this day.
When He gave His Son to us –
our biggest Christmas gift.

Christ comes, Christ comes –
give glory to God.
Gift to us a bright summer Christmas
in this country, o Lord.

Somerkersfees/ Welkom, o stille nag van vrede[1]

Welkom, o stille nag van vrede, 
onder die suiderkruis,
 
wyl stemme uit die ou verlede
 
oor sterrehemel ruis.
 

Kersfees kom, Kersfees kom – 
gee aan God die eer.
 
Skenk ons ‘n helder Somerkersfees
 
in hierdie land, o Heer.

Hoor jy hoe sag die  klokke beier 
In eeue-oue taal.
 
Kyk, selfs die nagtelike swye
 
vertel die ou verhaal.
 

Kersfees kom, Kersfees kom – 
gee aan God die eer.
 
Skenk ons ‘n helder Somerkersfees
 
in hierdie land, o Heer.
 

Voel jy ook nou sy warm liefde 
As ons die dag gedenk,
 
Toe Hy sy Seun aan ons gegee het –
 
Ons grootste kersgeskenk.
 

Christus kom, Christus kom – 
gee aan God die eer.
 
Skenk ons ‘n helder Somerkersfees
 
in hierdie land, o Heer.
 




[1] Text from the new edition of the Liedboek van die Kerk (2001) by NG-Kerk Uitgewers./Teks uit die nuwe uitgawe van die Liedboek van die Kerk (2001) deur NG-Kerk Uitgewers

No comments:

Post a Comment