Leon Rousseau het ’n bekende biografie oor Marais geskryf, genaamd Die groot verlange: Die verhaal van Eugène N. Marais. Hierdie biografie is ook in Engels beskikbaar. Die boek skets die lewensverhaal van ’n groot gees in ’n snel-veranderende tyd. Tog, is hy slegs ’n sterfling en vol gebreke soos alle mense. Maar tog sien ’n mens in hierdie werk “Marais in al sy veelsydigheid... as stydlustige jong koerantman in die Kruger-jare; as taalstryder, digter, prosaïs wat Afrikaans as taal help vestig het; as natuurwetenskaplike, hipnotiseur, geneesheer, sielkundige, advokaat, wêreldburger, towenaar, kindervriend, wewenaar, minnaar en morfinis...”. Nadat ek die voorprent gekyk het en dié boek weer van my boekrak gehaal het, is ek weer lus om dit te lees – saam met die toonaangewende Afrikaanse werke wat uit Marais se pen gevloei het.
Leon Rousseau. Die groot verlange: Die verhaal van Eugène N. Marais. 2005. Protea Boekhuis, Pretoria.
No comments:
Post a Comment