Ek het ‘n redelike tyd gewik en geweeg of ek by ’n aanlyn skrywersgroep moet aansluit of nie. Ek besluit toe om by The Anomalous Sandbox aan te sluit en my inskrywing is aanvaar. Hierdie is ’n geslote groep wat op Christelike spekulatiewe fiksie fokus en, aangesien ek reeds deel is van The Anomaly-forum, voel dit soos die regte plek om te wees.Die energie en motivering is die groep is werklik wonderlik en ’n goeie manier om die kreatiwiteit aan die gang te kry.
Nadat ek vir ’n week af siek was, is ek bietjie agter met my skryf- en studiewerk, maar ek hoop om hierdie week weer op datum te kom nou dat ek beter voel. Ek hoop om teen Vrydag ’n stukkie flits fiksie reg te hê om hier te plaas vir die naweek.
Tot volgende keer sal ek dus aan die tik, skryf en lees wees om terug op die jaar se wegholperd te kom!
Hierdie foto’s kan gevind word op die webwerf Stock Exchange.

No comments:
Post a Comment