Showing posts with label skryf. Show all posts
Showing posts with label skryf. Show all posts

Monday, June 2, 2014

Wonderlike nuus!

Nadat ek vir ’n paar weke van die aardbol af verdwyn het,* keer ek terug met absolute wonderlike nuus:
ek het my meestersgraad geslaag.**

Ja, die einde van die nimmereindigende verhandeling is in sig. Ek hoef slegs ’n paar klein veranderings aan te bring en dan is ek klaar. My artikels in SpeculativeGrammarian tel nou net nie vir my akademiese artikel nie.

Aan die skryf
Ek het Flash Friday so twee weke gelede ontdek en ek gaan probeer om elke week ’n stukkie gedurende middagete te skryf. Die stukkie sal dan die volgende week op die blog verskyn.

*Vakansiepakkette buite die sonnestelsel is duur, maar elke sent werd.

** Dit is ’n MA in Afrikaans en handel oor die neerslag van Noorse mitologie in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde. *probeer intelligent lyk*


Friday, November 2, 2012

Inspirasionele Vrydag – Stories en Fantasie-musiek


Eers gaan ek so bietjie my eie beuel blaas - “The Call from Below”
Ek het Woensdagaand gehoor dat my storie “The Call from Below” die Oktober flits fiksie kompetisie op Readers’ Realm gewen het! 
Ja, ek het bietjie in die sitkamer gesokkie toe ek die nuus kry! Ek was vir 'n ruk seker daarvan dat alles wat ek skryf absoluut aaklig is, so hierdie het regtig gehelp om my gedagtes weer op die regte baan te kry. Dat ek nou ‘n boek kan bekostig waarna ek al vir maande lank staar help ook!

'n Bietjie skryfnuus 
Ek is besig met die laaste weergawe van nog ‘n flits fiksie storie – wat nie dieselfde titel vir meer as een weergawe het nie, so ek sal dit nie eens noem nie – wat ek die naweek wil klaarmaak en hopelik gepubliseer kry. Op die oomblik is my gedagtes lyk my meer by “grillerig en verdraai” as by “epies en fantasie", so ek het die novelle The Dragon Seeker vir eers bietjie eenkant gesit tot Desember; wanneer ek ook meer tyd sal hê vir epiese storielyne. Hierdie maand wil ek die –flits-fiksie-sonder-'n-naam en 'n ander kortverhaal, wat op die oomblik die titel “The Road Chosen” het. Dié hoop ek om in die nuwe jaar in Cross and Cosmos-tydskrif geplaas te kry. Die Cross and Cosmos kan ook (gratis en pasella!) hier gelees word. Lees sommer my storie “A Dragon’s Freedom” in Uitgawe 5 terwyl jy daar rondsnuffel – dit is 'n kortverhaal wat in my wêreld van Airthai afspeel.

En 'n bietjie inspirasie so voor die naweek afskop! 
Hier is 'n paar van my gunsteling fantasie musiekvideo’s om die naweek aan die gang te kry. Van volgende week Vrydag af gaan ek 'n weeklikse bloginskrywing oor The Hobbit hê in die aanloop tot die film se vrystelling in Desember.

Geniet die naweek!







Monday, August 6, 2012

Kreatiewe skryfkuns inspirasie en “Finish Year”


Creative Writing Masterclass met Keith Gray – Plot and milieu 
Hier is twee video’s deur die skrywer Keith Gray. Die eerste handel oor plot, die tweede oor milieu. Die res van die reeks video’s kan ook op You Tube gekyk word.


Finish Year
Ek kan nie glo dat die konferensie net ’n paar weke weg is nie! Ek het ’n bietjie verlof gevat so om die komende naweek na Vrouedag om my tyd te gee om die referaat en voordragte finaliseer. Terselfdetyd soek ek rond op die internet vir ’n paar illustrasies van draugar om te gebruik, maar meeste van die sketse lyk meer na zombies of dié wat in speletjies – soos Skyrim – gevind word as dié wat in die middeleeuse tekste beskryf word. Hierdie twee lyk darem meer soos dié in die tekste (behalwe vir die horings wat ongelukkig byna altyd bygevoeg word, maar mens kan seker nie als hê nie.)













So ek gaan vir my ’n hoop jelliebone aanskaf – die beste lekkers om te eet terwyl mens studeer in my opinie – en dubbel so hard studeer hierdie week.

Wednesday, July 25, 2012

Om die sprong te waag


Ek het ‘n redelike tyd gewik en geweeg of ek by ’n aanlyn skrywersgroep moet aansluit of nie. Ek besluit toe om by The Anomalous Sandbox aan te sluit en my inskrywing is aanvaar. Hierdie is ’n geslote groep wat op Christelike spekulatiewe fiksie fokus en, aangesien ek reeds deel is van The Anomaly-forum, voel dit soos die regte plek om te wees.
Die energie en motivering is die groep is werklik wonderlik en ’n goeie manier om die kreatiwiteit aan die gang te kry.


Nadat ek vir ’n week af siek was, is ek bietjie agter met my skryf- en studiewerk, maar ek hoop om hierdie week weer op datum te kom nou dat ek beter voel. Ek hoop om teen Vrydag ’n stukkie flits fiksie reg te hê om hier te plaas vir die naweek.
Tot volgende keer sal ek dus aan die tik, skryf en lees wees om terug op die jaar se wegholperd te kom!

Hierdie foto’s kan gevind word op die webwerf Stock Exchange.

Wednesday, July 4, 2012

Sprokies en inspirasie


Hier is twee bobaas verwysingswebwerwe vir sprokies. Die eerste, Sur La Lune, het ek opgespoor tydens navorsing wat ek op universiteit gedoen het en dié bly ‘n gunsteling.

Sur La Lune Fairy Tales
“SurLaLune Fairy Tales features 49 annotated fairy tales, including their histories, similar tales across cultures, modern interpretations and over 1,500 illustrations. Also discover over 1,600 folktales & fairy tales from around the world in more than 40 full-text eBooks.” Kan ek meer byvoeg? 

deur  John Mark Ockerbloom van die Universiteit van Pennsylvania bestaan uit ‘n verskeidenheid elektroniese tekste, is maklik om te navigeer en haal ook verskeie tersiêre instellings aan – wat waltyd ’n goeie teken is. 

Aspoestertjie deur Eleanor Abbott



"Firebird" deur I. Bibilin
Die pragtige illustrasies, asook die aangehaalde gedeelte is vanaf Sur La Lune Fairy Tales se webwerf.