Hoop jy geniet die liedjie en video soveel soos ek!
Writing & books, folklore & mythology, speculative fiction, ponderings, music and other things that tickle my fancy
Showing posts with label inspirasie. Show all posts
Showing posts with label inspirasie. Show all posts
Friday, October 26, 2012
Wednesday, July 4, 2012
Sprokies en inspirasie
Hier is twee bobaas verwysingswebwerwe vir sprokies. Die eerste, Sur La Lune, het ek opgespoor tydens navorsing wat ek op universiteit gedoen het en dié bly ‘n gunsteling.
Sur La Lune Fairy Tales
“SurLaLune Fairy Tales features 49 annotated fairy tales, including their histories, similar tales across cultures, modern interpretations and over 1,500 illustrations. Also discover over 1,600 folktales & fairy tales from around the world in more than 40 full-text eBooks.” Kan ek meer byvoeg?
deur John Mark Ockerbloom van die Universiteit van Pennsylvania bestaan uit ‘n verskeidenheid elektroniese tekste, is maklik om te navigeer en haal ook verskeie tersiêre instellings aan – wat waltyd ’n goeie teken is.
![]() |
| Aspoestertjie deur Eleanor Abbott |
![]() |
| "Firebird" deur I. Bibilin |
Die pragtige illustrasies, asook die aangehaalde gedeelte is vanaf Sur La Lune Fairy Tales se webwerf.
Friday, June 29, 2012
Thursday, June 28, 2012
Bronne vir inspirasie
Die Internet het ’n paar wonderlike databasisse as jy opsoek is na inspirasie vir spekulatiewe stories. Hierdie week begin ek met ’n paar wat ek nogal redelik gebruik – beide vir my studies en vir ontspannende lees. Hierdie bronne is gratis om te gebruik al is dit meer akademiesgeörienteerd as baie. Hierdie week se bronne het te make met Germaanse mites en legendes sowel as sprokies en folklore. Geniet dit!
Lees uit die verlede
Folklore and Mythology Electronic Texts
Hierdie databasis is geskep deur Professor D.L. Ashliman (nou afgetree) van die Universiteit van Pittsburgh en bevat skakels na folklore, sprokies, Germaanse mites, so wel as stories van verskeie verskillende kulture. Meeste van hierdie tekste is in Engels. Die navigasie is ook redelik verbruikersvriendelik.
Eddas, Sagas en Wikings!
Heimskringla.no
Heimskringla (die naam is afkomstig van die werk deur Snorri Sturluson) is ’n wonderlike argief van Oudnoorse sagas, Eddas en sekondêre werke oor hierdie onderwerp. Tekste en vertalings is is ’n verskeidenheid Germaanse tale beskikbaar. Die argief is ook in ’n wiki-formaat, wat dit maklik maak om te navigeer en tekste af te laai.
Boeke, ou boeke en aanlyn boeke
Septrionalia
Hierdie is ’n wonderlike argief as jy op soek is na ou tekste in verskeie tale. Byna enigiets is hier te vinde, van Oudiers, tot Latyn. Die webwerf bevat ook verskeie woordeboeke tesame met mitologiese tekste en ander verhale. Die voorkoms is nou nie juis iets om oor huis toe te skryf nie, maar die inhoud maak beslis daarvoor op.
Tot volgende keer, Á Agrai tellarias or s'agrélar silássa ¬– Mag die Lig van die Een op jou pad skyn.
Foto's deur Stock Exchange.
Monday, June 11, 2012
C.S. Lewis: ’n inspirasie
’n Boek wat ’n baie groot indruk op my gemaak het is The Screwtape Letters deur C.S. Lewis. Alhoewel hierdie nie die eerste van sy boeke was wat ek na The Chronicles of Narnia gelees het nie, is dit die een (van sy boeke wat ek reeds gelees het) wat die grootste impak op my gemaak het. Indien ek “Christelike” boeke moes rangskik in die volgorde waarin dit die grootste invloed op my spirituele lewe het, sal Screwtape net onder die Bybel wees vir my. Volgende sal Lewis se Mere Christianity wees. Nodeloos om te sê; het Lewis ’n blywende indruk op my gelaat. Sy eie spirituele reis is ook baie interessant en inspirerend:
Monday, June 4, 2012
Maandag Inspirasie – Hemelse musiek
Pragtige musiek en ’n gedig daardeur geïnspireer, wat ek so ’n paar weke gelede geskryf het. Die Engelse weergawe is vandag op Hersenskim te vinde.
Smekend om Lig
(Gedig na Antiphona post Evangelium)
O, my God, hoe weet U wanneer om te antwoord?
uit die diepe donker smeek my siel om Lig
maar ek kry geen antwoord.
mag ek – vleesomhulde siel – dit vra?
hoop vervaag.
alles word tot nag om my –
vriende, vriendskap en liefde
verdof tot slegs ’n skadu.
en dan, skielik, klink daar ’n lied.
Uit die donker ruis stemme met
die klank van die Engele.
Hul sing tot U eer.
Hul sing uit die verlede.
in hul eie donker tyd antwoord hulle:
Haleluja! Haleluja! Haleluja!
die stemme bring U Lig na my en
ek – vleesomhulde siel – kan sien en sing
en uitreik na ’n stukkie van U seën.
Geskryf na die lied “Antiphona post Evangelium”, ’n Ambrosiaanse cantus deur ’n anonieme skrywer. Gesing deur In Dulci Jubilo op die CD Discover Early Music deur Naxos.
Foto by http://www.sxc.hu, deur John Nyberg
Friday, June 1, 2012
Talent en verbeelding
Ek het hierdie drie video’s opgespoor en gedink dit is perfek vir ‘n Vrydag – veral vir dié wat ook die naweek gaan spandeer om te skryf, te studeer of om skeppend te wees.
Ek is ook besig om na hierdie boek se oudio-weergawe te luister – te danke aan Audible – en ek moet sê dat sover fassinerend is.
Monday, May 28, 2012
Inspirasie vir Maandag: ‘n ridder, ‘n meisie en ‘n draak
Dié wat al ‘n bietjie my blogs besoek het, het seker al besef dat ek van drake, helde en epiese verhale hou. Ek was mal oor hierdie video van The Parlotones se liedjie “I’ll be there”. Die liedjie is al ‘n paar jaar oud, maar ek is nog steeds mal daaroor – geniet dit!
Friday, May 25, 2012
Ewige boeke: die Silwer Bybel
Een van my gunsteling manuskripte is bygevoeg tot die “Memory of the World”-register. Dit word die Silwer Bybel (Codex Argentium) genoem en bestaan uit ‘n gedeelte van die Gotiese vertaling van die Bybel en is geskryf op pers perkament met silwer en goue ink. Maar hier is ‘n baie beter beskrywing en mens kan ook hierdie wonderlike manuskrip sien*:
*Daar is nog foto’s van hierdie manuskrip op my Pintrest-borde.
Monday, May 21, 2012
“O vuur van die Gees” van die Sequentia de Spiritu Sancto
Christopher Page beskryf die Abdis Hildegard von Bingen as “een van die mees merkwaardige kreatiewe persoonlikhede van die Middeleeue” (2012:2). Sy is in 1098 gebore en in die sorg van die abdis Jutta van Spanheim – abdis van ’n klooster geheg aan die monnikeklooster van Disibodenberg – geplaas toe sy agt jaar oud was. “In 1141, het sy Jutta as abdis opgevolg en het tonge vuur vanuit die hemel sien neerdaal en op haar gaan vaskleef. Daarna het sy haarself gewy aan ’n lewe van intense en driftige kreatiwiteit. Onder haar litereêre werke is twee boeke oor natuurkennis en medisyne (Physica and Cause et cure) en ’n moraliteitspel, genaamd die Ordo Virtutum, wat alle ander werke in daardie genre met ongeveer ’n eeu vooruitloop. Haar boek van voorspieëlinge, Scivias, het haar vir tien jaar tussen 1141 en 1151 besig gehou.” (2010:2) Hildegard het op 17 September 1179 gesterf en alhoewel haar kanonisering verskeie maal voorgestel is, is sy nooit gekanoniseer nie.
Die lied “O ignis spiritus” word beskryf as “Hildegard se apostroof tot haar Muse, die Pinkstervuur wat op haar neergedaal het en kennis van die belangrike Bybelse boeke meegedeel het.” (2010:3).
Na die video van die lied gee ek eerste die Latynse teks, waarna die Afrikaanse vertaling volg.**
O ignis spiritus
O ignis spirits paracliti,
vita vite omnis creature,
sanctus es vivificando formas.
Sanctus es ungendo
periculose fractos;
sanctus es tergendo
fetida vulnera.
O spiraculum sanctitatis, o ignis caritatis,
o dulcis gustus in pectoribus et infusion cordium
in bono odore virtutum.
O fons purissimus, in quo consideratur
quod Deus alienos colligit
et perditos requirit.
O lorics vite et spes compaginis
membrorum omnium,
et o cingulum honestatis, salva beatos.
Custodi eos qui carcerati sun tab inimico,
et solve ligatos
quos divina vis salvare vult.
O iter fortissimum quod penetravit omnia;
in altissimis et in terrenis
et in omnibus abyssis
tu omnes componis et colligis.
De te nubes fluunt, ether volat,
lapides humorem habent,
aque rivulos educunt,
et terra viriditatem sudat.
Tu etiam simper educis doctos
per inspirationem sapientie letificatos.
Unde laus tibi sit,
qui es sonus laudis,
et gaudium vite,
spes et honor fortissimus
dans premia lucis.
O vuur van die Gees**
O vuur van die verkwikkende Gees,
lewe van die lewe van die hele Skepping,
U is heilig in die verkwikking van Alles.
U is heilig in die salwing van
dié wat swaar beproef word;
U is heilig in die reiniging van
die smetterige wond.
O asem van heiligheid, O vuur van liefde
O soete stroom in die bors en vloeding van die hart
in die goeie aroma van die deugde.
O reinste fontein, in wie daar gesien word
dat God die heidene oproep
en die verlorenes soek.
O maliekolder van lewe en hoop
om al die lede van Ekklesia saam te bind,
O sabelkoppel van eerlikheid, red die geseëndes.
Bewaak almal wat deur die Vyand gevange geneem is,
en laat dié gebondenes is vry
wat Goddelike Krag wil red.
O onwrikbaarste pad wat alles binnedring;
in die hoogste van alle plekke, op die vlaktes,
en in elke bodemlose diepte
roep U almal saam en verenig almal.
Deur U stroom die wolke, die boonste lug swewe,
die rotse het hul hardheid,
die waters lei voort uit hul splete
en die aarde gee varsheid af.
U lei altyd dié wat begryp en
vreugdevol gemaak word deur die inspirasie van wysheid.
Waarvandaan U lof kom
U, wat die klank van lof
En die saligheid van lewe is,
hoop en rykste geskenk
wat die beloning van lig gee.
* “A Feather of the Breath of God”: Sequences and hymns deur Abdis Hildegard van Bingen. Hyperion, CDA30009. 2010. Alle aanhalings is uit die teks deur Christopher Page geneem. 1982 & 2010.
**Die vertaling is deur my gemaak vanaf die Engelse vertaling wat in die bogenoemde teks voorkom.
Monday, May 7, 2012
Monday, April 23, 2012
Maandag inspirasie: Wêreld-boek- en Kopieregdag
Aangesien dit vandag Wêreld-boek- en Kopieregdag (en ook die aandenking van Shakespeare se dood) is, het ek op die kortfilm The Fantastic Flying Books of Mr. Morris Lessmore – wat ‘n Oscar-toekenning ontvang het – vir ’n bietjie inspirasie so op die Maandag. En as jy dit klaar gesien het, kyk dit sommer nog ’n keer net omdat dit so mooi is!
En net vir die pret...
En net vir die pret...
Monday, April 16, 2012
’n Vraag oor fantasie en inspirasie vir die week
Voordat ek begin om allerhande stories te plaas, het ek dit goed gedink om met hiérdie inskrywing oor fantasie fiksie weg te spring.
’n Ruk gelede het ek ‘n vraag aan my mede Anomaliane gestel op Where the Map Ends. Dit lees as volg:
Hallo almal,
Ek wonder al ’n ruk hieroor en ek weet nooit regtig wat is die beste antwoord wat ek vir mense (Christen of nie) kan gee wanneer hulle vir my vrae het nie.
Sien, daar is nogal baie mense wat blykbaar glo dat, wanneer jy van fantasie (of wetenskapsfiksie) hou jy nie ’n Christen kan wees nie. Nou, ek weet óns almal weet dat dit net nie waar is nie, maar wat is die beste manier om dit aan mense te verduidelik?
Ek het ’n paar vriende wat slegs feëverhale of selfs net heksery en die bose sien en dink dat, omdat ek van fantasie hou, ek myself met daardie soort goed besig hou.
Ek het al aan hulle gesê om van my goed te lees indien hulle bekommerd is – indien bose en heksery genoem word is dit die “slegte ouens” wat dit gebruik, nié die held nie. Baie van die stories in my wêrelde (soos Airthai) ontwikkel ook langs die lyne van goed en sleg en hoe om “slegte” mag te weerstaan. Vir my maak dit sin dat die held/-in teen groot struikelblokke te staan moet kom, want anders is dit nie die moeite werd nie.
Ek hoop dit maak sin!
Marsh
Ek is seker ek is nie die enigste een wat al hiermee gesukkel het nie. Die Afrikaanse literatuur het ook nie veel fantasie of wetenskapsfiksie nie en alhoewel ander mitologieë (meestal Klassiek) soms in die letterkunde gebruik word, is daar geen hoë of epiese fantasie waarvan ek weet nie. Toe ek my Meestersgraad oor die invloed van Noorse mites op die Afrikaanse literatuur begin het, het ek gou gevind dat ek dit moet uitbrei om Nederlandse letterkunde ook in te sluit sodat ek genoeg tekste het om te studeer! En selfs net met hierdie studie het mense my al gevra of ek in daardie gode glo en wanneer ek weggedraai het van God af!
Dus, wanneer jy ’n Christelike fantasieskrywer is… en jy mites gebruik om ‘n punt te bewys of jou eie mites opmaak… wat sê jy aan hierdie mense?
Ek het hierdie wonderlike antwoord van Sean Rackley ontvang wat ek graag met ander wat dalk in dieselfde bootjie as ek sit wil deel:
Die manier waarop ek hierdie vraag hanteer is om dié wat ook aan die gesprek deelneem Jesus se vergelykings as spekulatiewe fiksie te sien. Dan is die sprong na fantasie en wetenskapsfiksie nie so groot nie. Jesus het die Waarheid aan ’n sterwende wêreld verkondig deur stories te gee waarby hulle kon aanklank vind (ek wonder soms of die stories nie waar is nie as mens kyk na wie die outeur is, maar ek dwaal nou van onderwerp af). Hy het byvoorbeeld ’n landbougemeenskap geleer deur meestal lanboustories te gebruik (soos byvoorbeeld ’n boer wat saad saai).
Ons gehoor is bekend met dinge ver verwyderd van landbou (dus kan die vergelyking van die saaier oorvertel word as ’n kolonialiserende gemeenskap wat veraardsing uitvoer met verskillende resultate op verskillende planete, of as ’n ridder wat sy ryk beskerm teen voëls wat saad steel, klippe en dorings wat per toeval drake, golems en donker elwe – met gepunte pyle is). Gooi ’n paar nodige storie elemente in om dit meer as ’n paar paragrawe lank te maak en voilà! – ’n storie is gebore.
Mense stem steeds nie altyd ooreen nie, maar op daardie tye herinner ek myself daaraan dat God my nie geroep het om te stry hoekom ek skryf nie, net om te skryf. Selfs indien ek die enigste persoon is wat nader aan God kom deur my fiksie en poësie het ek my werk gedoen.
Hierdie stuk het die eerste keer hiér by Hersenskim verskyn.
Inspirasie vir die week
’n Bietjie musiek om die litte los te maak so op die Maandag – Bon Jovi se “It’s My Life”.
Friday, April 13, 2012
Kammastories en kammalande
Welkom by die eerste inskrywing hier by Kammastories, ’n hoekie op die internet vir allerhande stories, sketse en verbeeldingsvlugte. Reeds vir meer as ’n jaar blog ek by Hersenskim oor stories, boeke en ’n kammawêreld genaamd Airthai. Hier en daar het al ’n paar stories in publikasies verskyn, maar met die dat die oorgrote lesers slegs Engels magtig is, was dit moeilik om die Afrikaanse teks by die Engels in te werk sonder dat die inskrywings lomp raak. Dus het ek besluit om hier ’n plekkie te skrop vir die Afrikaanse stories – veral aangesien meeste van die kort fiksie van Airthai oorspronklik in Afrikaans geskryf is.
Soos op Hersenskim, sal inskrywings op Kammastories gewy word aan skryfwerk, stories en boeke op Woensdae en Vrydae en mooi en inpirerende liedjies, poësie en musiek op Maandae. (Sommige van die inskrywings hier en op Hersenskim sal steeds ooreenstem*.)
Maar, intussen, hier is ’n bietjie inspirasie vir die naweek – Prime Circle se liedjie “My Inspiration”.
*Soos byvoorbeeld die week se liedjie of gedig.
Subscribe to:
Posts (Atom)




