Showing posts with label musiek. Show all posts
Showing posts with label musiek. Show all posts

Thursday, February 14, 2013

Monday, February 11, 2013

Maandag Musiek – White Canvas, Lifelines


“White Canvas” is een van my gunsteling liedjies op a-ha se Lifelines album. Mens kan hierso daarnaluister, maar daar is ongelukkig nie ’n musiekvideo vir hierdie liedjie nie. Hier is wel twee van hulle video’s – die titelsnit van Lifelines, so well as die een van hulle album Hunting High and Low. Hierdie laaste snit is veral gepas na al die Tellerassar legendes. 



Monday, February 4, 2013

Die soete liefde en dood

Panthea

Die lied “Ah, alas you salt sea gods(wat ook “Panthea se treurlied” genoem word) is deur Richard Farrant (1530-1580) geskryf. Die weergawe van die lied wat ek ken is die een deur die Rose Consort of Viols en gesing word deur CatherineKing. Naxos het ’n pragtige CD genaamd ElizabethanSongs and Consort Music*. Dit bevat ook William Byrd se meesterlike en hartverskeurende lief “Ye sacred muses”.

“Ah, alas you salt sea gods” is ’n dramatiese lied en John Bryan verduidelik: “[m]any of these dramatic songs take the form of elegies or ‘death songs’, either evoking death as a relief … or railing against the fate like Panthea…” (Naxos CD-boekie, bladsy 2).

Die lied is Panthea se treurlied met die dood van haar man; wat in ’n veldslag gedood is. Na die veldslag vind sy hom naby ’n rivier op die slagveld, geklee in die goue wapenrusting wat sy net voor die slag aan hom gegee het. Dievolledige verhaal van Panthea en Abradad kan hier gelees word. Hieronder is ‘n opname van die lied, met die lirieke daaronder.



Ah, alas, you salt sea gods!**
Ah, alas, you salt sea gods!
Bow down your ears divine.
Lend ladies here warm water springs
To moist their crystal eyne,
That they may weep and wail
And wring their hands with me
For death of lord and husband mine:
Alas, lo, this is he!

You gods that guide the ghosts
And souls of them that fled,
Send sobs, send sighs, send grievous groans,
And strike poor Panthea dead.
Abradad, ah, alas poor Abradad!
My sprite with thine shall lie.
Come death, alas, O death most sweet,
For now I crave to die.

* Katalogus: DDD 8.554284
** Hierdie lirieke is ook beskikbaar in die Naxos CD-boekie of die Choral Wiki-webwerf.

Friday, November 2, 2012

Inspirasionele Vrydag – Stories en Fantasie-musiek


Eers gaan ek so bietjie my eie beuel blaas - “The Call from Below”
Ek het Woensdagaand gehoor dat my storie “The Call from Below” die Oktober flits fiksie kompetisie op Readers’ Realm gewen het! 
Ja, ek het bietjie in die sitkamer gesokkie toe ek die nuus kry! Ek was vir 'n ruk seker daarvan dat alles wat ek skryf absoluut aaklig is, so hierdie het regtig gehelp om my gedagtes weer op die regte baan te kry. Dat ek nou ‘n boek kan bekostig waarna ek al vir maande lank staar help ook!

'n Bietjie skryfnuus 
Ek is besig met die laaste weergawe van nog ‘n flits fiksie storie – wat nie dieselfde titel vir meer as een weergawe het nie, so ek sal dit nie eens noem nie – wat ek die naweek wil klaarmaak en hopelik gepubliseer kry. Op die oomblik is my gedagtes lyk my meer by “grillerig en verdraai” as by “epies en fantasie", so ek het die novelle The Dragon Seeker vir eers bietjie eenkant gesit tot Desember; wanneer ek ook meer tyd sal hê vir epiese storielyne. Hierdie maand wil ek die –flits-fiksie-sonder-'n-naam en 'n ander kortverhaal, wat op die oomblik die titel “The Road Chosen” het. Dié hoop ek om in die nuwe jaar in Cross and Cosmos-tydskrif geplaas te kry. Die Cross and Cosmos kan ook (gratis en pasella!) hier gelees word. Lees sommer my storie “A Dragon’s Freedom” in Uitgawe 5 terwyl jy daar rondsnuffel – dit is 'n kortverhaal wat in my wêreld van Airthai afspeel.

En 'n bietjie inspirasie so voor die naweek afskop! 
Hier is 'n paar van my gunsteling fantasie musiekvideo’s om die naweek aan die gang te kry. Van volgende week Vrydag af gaan ek 'n weeklikse bloginskrywing oor The Hobbit hê in die aanloop tot die film se vrystelling in Desember.

Geniet die naweek!







Monday, May 28, 2012

Inspirasie vir Maandag: ‘n ridder, ‘n meisie en ‘n draak

Dié wat al ‘n bietjie my blogs besoek het, het seker al besef dat ek van drake, helde en epiese verhale hou. Ek was mal oor hierdie video van The Parlotones se liedjie “I’ll be there”. Die liedjie is al ‘n paar jaar oud, maar ek is nog steeds mal daaroor – geniet dit!


Monday, May 21, 2012

“O vuur van die Gees” van die Sequentia de Spiritu Sancto


Christopher Page beskryf die Abdis Hildegard von Bingen as “een van die mees merkwaardige kreatiewe persoonlikhede van die Middeleeue” (2012:2).  Sy is in 1098 gebore en in die sorg van die abdis Jutta van Spanheim – abdis van ’n klooster geheg aan die monnikeklooster van Disibodenberg – geplaas toe sy agt jaar oud was. “In 1141, het sy Jutta as abdis opgevolg en het tonge vuur vanuit die hemel sien neerdaal en op haar gaan vaskleef. Daarna het sy haarself gewy aan ’n lewe van intense en driftige kreatiwiteit. Onder haar litereêre werke is twee boeke oor natuurkennis en medisyne (Physica and Cause et cure) en ’n moraliteitspel, genaamd die Ordo Virtutum, wat alle ander werke in daardie genre met ongeveer ’n eeu vooruitloop. Haar boek van voorspieëlinge, Scivias, het haar vir tien jaar tussen 1141 en 1151 besig gehou.” (2010:2) Hildegard het op 17 September 1179 gesterf en alhoewel haar kanonisering verskeie maal voorgestel is, is sy nooit gekanoniseer nie.

Die lied “O ignis spiritus” word beskryf as “Hildegard se apostroof tot haar Muse, die Pinkstervuur wat op haar neergedaal het en kennis van die belangrike Bybelse boeke meegedeel het.” (2010:3).

Na die video van die lied gee ek eerste die Latynse teks, waarna die Afrikaanse vertaling volg.**



O ignis spiritus 
O ignis spirits paracliti,
vita vite omnis creature,
sanctus es vivificando formas.

Sanctus es ungendo
periculose fractos;
sanctus es tergendo
fetida vulnera.

O spiraculum sanctitatis, o ignis caritatis,
o dulcis gustus in pectoribus et infusion cordium
in bono odore virtutum.

O fons purissimus, in quo consideratur
quod Deus alienos colligit
et perditos requirit.

O lorics vite et spes compaginis
membrorum omnium,
et o cingulum honestatis, salva beatos.

Custodi eos qui carcerati sun tab inimico,
et solve ligatos
quos divina vis salvare vult.

O iter fortissimum quod penetravit omnia;
in altissimis et in terrenis
et in omnibus abyssis
tu omnes componis et colligis.

De te nubes fluunt, ether volat,
lapides humorem habent,
aque rivulos educunt,
et terra viriditatem sudat.

Tu etiam simper educis doctos
per inspirationem sapientie letificatos.

Unde laus tibi sit,
qui es sonus laudis,
et gaudium vite,
spes et honor fortissimus
dans premia lucis.

O vuur van die Gees**

O vuur van die verkwikkende Gees,
lewe van die lewe van die hele Skepping,
U is heilig in die verkwikking van Alles.

U is heilig in die salwing van
dié wat swaar beproef word;
U is heilig in die reiniging van
die smetterige wond.

O asem van heiligheid, O vuur van liefde
O soete stroom in die bors en vloeding van die hart
in die goeie aroma van die deugde.

O reinste fontein, in wie daar gesien word
dat God die heidene oproep
en die verlorenes soek.

O maliekolder van lewe en hoop
om al die lede van Ekklesia saam te bind,
O sabelkoppel van eerlikheid, red die geseëndes.

Bewaak almal wat deur die Vyand gevange geneem is,
en laat dié gebondenes is vry
wat Goddelike Krag wil red.

O onwrikbaarste pad wat alles binnedring;
in die hoogste van alle plekke, op die vlaktes,
en in elke bodemlose diepte
roep U almal saam en verenig almal.

Deur U stroom die wolke, die boonste lug swewe,
die rotse het hul hardheid,
die waters lei voort uit hul splete
en die aarde gee varsheid af.

U lei altyd dié wat begryp en
vreugdevol gemaak word deur die inspirasie van wysheid.

Waarvandaan U lof kom
U, wat die klank van lof
En die saligheid van lewe is,
hoop en rykste geskenk
wat die beloning van lig gee.


* “A Feather of the Breath of God”: Sequences and hymns deur Abdis Hildegard van Bingen. Hyperion, CDA30009. 2010. Alle aanhalings is uit die teks deur Christopher Page geneem. 1982 & 2010.
**Die vertaling is deur my gemaak vanaf die Engelse vertaling wat in die bogenoemde teks voorkom.

Monday, May 14, 2012

Maandag Inspirasie: ’n vermaaklike en kreatiewe musiekvideo


’n Bietjie musiek om die litte los te maak so op die Maandag – hierdie is een van my gunsteling musiekvideos:
“Elke man het ’n kop” deur Chris Chameleon



Hierdie liedjie is van sy twee album wat getoonsette weergawes van Ingrid Jonker-gedigte bevat en dié album is beslis meer as driedubbel elke sent werd.