Friday, April 13, 2012

Kammastories en kammalande


Welkom by die eerste inskrywing hier by Kammastories, ’n hoekie op die internet vir allerhande stories, sketse en verbeeldingsvlugte. Reeds vir meer as ’n jaar blog ek by Hersenskim oor stories, boeke en ’n kammawêreld genaamd Airthai. Hier en daar het al ’n paar stories in publikasies verskyn, maar met die dat die oorgrote lesers slegs Engels magtig is, was dit moeilik om die Afrikaanse teks by die Engels in te werk sonder dat die inskrywings lomp raak. Dus het ek besluit om hier ’n plekkie te skrop vir die Afrikaanse stories – veral aangesien meeste van die kort fiksie van Airthai oorspronklik in Afrikaans geskryf is.

Soos op Hersenskim, sal inskrywings op Kammastories gewy word aan skryfwerk, stories en boeke op Woensdae en Vrydae en mooi en inpirerende liedjies, poësie en musiek op Maandae. (Sommige van die inskrywings hier en op Hersenskim sal steeds ooreenstem*.)

Maar, intussen, hier is ’n bietjie inspirasie vir die naweek – Prime Circle se liedjie “My Inspiration”.



*Soos byvoorbeeld die week se liedjie of gedig.

No comments:

Post a Comment