Showing posts with label Boeke. Show all posts
Showing posts with label Boeke. Show all posts

Thursday, January 22, 2015

Boeke, praatjies en skakels

For English readers: This post is about the Afrikaans programme Skrywers en Boeke and the Afrikaans writer Jaco Jacobs.)

Skrywers en Boeke, een van RSG se programme, is ook as ’n potgooi beskikbaar en is beslis een om na te luister.  Volg die skakel na die webwerf, of gaan kyk op iTunes om die program af te laai.

1 Januarie se program gee nie net ’n voorsmaak van die Afrikaanse boeke om in 2015 na uit te sien nie, maar bevat ook ’n baie interessante onderhoud oor kinder- en jeugboeke (en die skryf daarvan) met Jaco Jacobs. Net gister sĂȘ twee van my kollegas vir my dat hulle kinders skielik begin lees het nadat hulle een van Jaco Jacobs se boeke voorgeskryf is. Hier is nou nog ’n bewys dat enigiemand ’n liefde vir lees kan ontwikkel sodra hulle die regte boek in die hande kry!


Om meer oor Jaco Jacobs en sy boeke uit te vind, klik hier vir sy webwerf en hier vir sy blog. Of jy kan hom op Twitter volg by @JacoZombie


Tuesday, February 18, 2014

My leeslys: ’n oorsig

Ek het die afgelope weke ’n paar boeke klaargemaak (meeste benodig nog ’n resensie). Ek het van meeste gehou en dink ’n paar is uitstekend. Hier is my huidige lys:



Resensies vir die ander drie boeke sal in die volgende paar weke volg.

Wat ek tans lees

Op die oomblik lees ek When Languages Die: The Extinction of the World’s Languages and theErosion of Human Knowledge deur David Harrison (baie interessant). Daarbenewens wonder ek of ek dadelik met die Kalevala moet begin en of ek eers weer een van my gunsteling Discworld boeke wil lees…

Ander boekgoeters


Ek het op hierdie film van OxfordUniversity Press afgekom waarin gewys word hoe ’n boek vervaardig word. Beslis die kyk werd!

Tuesday, February 4, 2014

’n Potgooi en historiese fiksie

Potgooi oor vertaling
Sondag 2 Februarie 2014 was daar ’n baie interessante insetsel oor nie-fiksie vertaling op Die tale wat ons praat op RSG. Luister gerus hier na die gesprek tussen Magdaleen KrĂŒger en Ilse Salzwedel.

Huidige leesgenot
Tans lees ek Karel Schoeman se klassieke werk ’n Ander land. Soos sy ander boeke stel diĂ© een nie teleur nie. Die 2006 Human & Rousseau Klassiek-uitgawe is aanlyn by Kalahari, Exclusive Books en Takealot beskikbaar vir tussen R173 en R220.

Ek kan ook Schoeman se boeke Hierdie lewe en Na die geliefde land aanbeveel.

Gaan kyk gerus na my Goodreads-bladsy vir ander boeke wat ek al opgelaai het.



Tuesday, August 20, 2013

Vondste: inskrywings en ander boekbrokkies

Ek is mal daaroor om handgeskrewe name, datums of boodskappe binne boeke te vind‡. Een van my geliefste boeke (The Children of Hurin deur J.R.R. Tolkien) het ’n inskrywing deur my oorlede ma in ek verwonder my altyd aan name of boodskappe binne tweedehandse boeke of boeke wat aan biblioteke geskenk is. (Hoe ouer, hoe beter, in my beskeie opinie.)

Om geskiedenis aan te raak
Die vorige keer wat ek die universiteitsbiblioteek besoek het, het ek inskrywings in twee van die boeke wat ek gebruik het gevind. Wat dit interessanter maak, is dat ek die eerste persoon is om die boeke uit te neem sedert hulle geskenk is. (Maar ek moet bieg dat dit redelik gereeld gebeur aangesien my studies nou nie juis “hoofstroom” is nie.) Maar terug na die boeke.

Donasie van ’n skat
Die eerste boek is ‘n 1928-uitgawe van die Nederlandse gedig Mei (deur Herman Gorter), wat aan die biblioteek geskenk is deur ene Mev. de Bruyn. Die boekplaat se voorkoms – met die ou naam van die universiteit* (en die gebruik van die afkorting “mevr.”) sou beteken dat die boek ’n redelike aantal jare gelede geskenk is.





Haar naam (hoewel ek nie doodseker is dat sy dit self geskryf het nie) is in pragtige sierskrif aangebring saam met “Pretoria” en die datum “1/7/29” (as ek dit reg kan uitmaak). Die ink het al met tyd vervaag soos die papier stadig verbruin het en vertoon nou byna as ’n watermerk.



Soos ek deur die boek blaai het ek op ’n “boekmerk” afgekom. Die boekmerk is maar net ’n stukkie donkerkleurige wol, aan die een kant met ’n skĂȘr geknip en aan die ander kan blykbaar met die hand gebreek, is tussen blaaie geplaas wat die enigste merke (sover ek kon sien) in die boek bevat. Ek wonder of hierdie twee reĂ«ls deur Mev. de Bruyn self aangebring is en watter betekenis dit vir die leser gehad het?





Ek moet sĂȘ dat ek verbaas was om hierdie boek op die oop rakke te vind!

’n Naam wat ek nie kan uitmaak nie
Die tweede boek bevat ook ’n naam en datum, maar ek kan net die datum – 1914 – en nie die naam uitmaak nie. Hierdie boek bevat ongelukkig nie, soos die vorige, ’n boekplaat nie. Die boek, Geschiedenis der Noord-Nederlandsche Letteren in de XIXe Eeuw in biographieĂ«n en bibliographieĂ«n, 1830 – 1900, het ’n pragtige titelplaat van die skrywer, Dr. Jan ten Brink (1834 – 1901), met ’n ernstige uitdrukking en baie indrukwekkende snor.





Ongelukkig hou die biblioteek nie rekord van die donateurs nie. Dus het ek geen manier om uit te vind wie Mev. de Bruyn is of watter ander boeke sy dalk geskenk het nie. DĂ­t laat my natuurlik met ’n effense raaisel – en wys ook net hoe nuuskierig ek kan wees wanneer dit by boeke kom…

‡ Ek wil net een ding duidelik maak: hierdie sluit nie die ontsiering van boeke in nie (alhoewel dit opsigself ook ’n storie kan vertel).
* RAU is nou deel van die Universiteit van Johannesburg. 

Wednesday, August 14, 2013

Bookish Things: A Special Day for Buying a Book

Most of you who often visit my blog know that my mother tongue is Afrikaans. And today, 14 August, is Koop-‘n-Afrikaanse-boek-dag, (“Buy an Afrikaans Book Day”).  With nearly 7 million South Africans who speak the language at home, Afrikaans is the third most-spoken language in South Africa. (English is the home language of approximately 5 million South Africans.)

If you’d like to check out some of the literature, try the translated books by Karel Schoeman, Dan Sleigh or Dalene Matthee. Afrikaans is a young language, but it is the language I grew up with, and it is the language of my heart…

As most of the readers here are English, I’ve decided to add a video of one of my favourite (bilingual) songs to help you get over that midweek slump. (Yes, this is quite a departure from the usual Early Music I listen to!)




For the Afrikaans readers, head on over to Kammastories!