Showing posts with label potgooi. Show all posts
Showing posts with label potgooi. Show all posts

Thursday, January 22, 2015

Boeke, praatjies en skakels

For English readers: This post is about the Afrikaans programme Skrywers en Boeke and the Afrikaans writer Jaco Jacobs.)

Skrywers en Boeke, een van RSG se programme, is ook as ’n potgooi beskikbaar en is beslis een om na te luister.  Volg die skakel na die webwerf, of gaan kyk op iTunes om die program af te laai.

1 Januarie se program gee nie net ’n voorsmaak van die Afrikaanse boeke om in 2015 na uit te sien nie, maar bevat ook ’n baie interessante onderhoud oor kinder- en jeugboeke (en die skryf daarvan) met Jaco Jacobs. Net gister sê twee van my kollegas vir my dat hulle kinders skielik begin lees het nadat hulle een van Jaco Jacobs se boeke voorgeskryf is. Hier is nou nog ’n bewys dat enigiemand ’n liefde vir lees kan ontwikkel sodra hulle die regte boek in die hande kry!


Om meer oor Jaco Jacobs en sy boeke uit te vind, klik hier vir sy webwerf en hier vir sy blog. Of jy kan hom op Twitter volg by @JacoZombie


Friday, September 19, 2014

Die Bybel: 'n Direkte Vertaling - potgooie en skakels

“Die doel van hierdie Afrikaanse Bybelvertalingsprojek is om 'n goed verstaanbare, bronteksgeoriënteerde Afrikaanse vertaling van die Bybel wat geskik is vir voorlesing en gebruik in eredienste, asook vir kategese, Bybelstudie en persoonlike gebruik te skep.” – Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika

Potgooie
Op 3 Augustus en 17 Augustus het Die tale wat ons praat op RSG interessante onderhoude met dr. Karen de Wet (die voorsitter van die literêre advieskomittee) gevoer oor Die Bybel: ’n Direkte Vertaling. In hierdie onderhoud word die wyse waarop die vertaling geskied eenvoudige uiteengesit. 


Die ingewikkeldheid van hierdie tipe vertaling, die sorg waarmee dit geskied en die manier waarop woorde vir die teikenteks gekies word, is baie interessant. Ek dink die potgooi gee ook die luisteraar ’n algemene oorsig van die manier waarop alle vertalings (behoort te) geskied. Vertaling behels veel meer as om slegs ’n teks in Google Translate in te tik en ’n knoppie te druk. Dit is eintlik ’n spel met woorde – om die perfekte een te vind om die bronteks vir ’n nuwe gehoor oor te dra.



Tuesday, February 4, 2014

’n Potgooi en historiese fiksie

Potgooi oor vertaling
Sondag 2 Februarie 2014 was daar ’n baie interessante insetsel oor nie-fiksie vertaling op Die tale wat ons praat op RSG. Luister gerus hier na die gesprek tussen Magdaleen Krüger en Ilse Salzwedel.

Huidige leesgenot
Tans lees ek Karel Schoeman se klassieke werk ’n Ander land. Soos sy ander boeke stel dié een nie teleur nie. Die 2006 Human & Rousseau Klassiek-uitgawe is aanlyn by Kalahari, Exclusive Books en Takealot beskikbaar vir tussen R173 en R220.

Ek kan ook Schoeman se boeke Hierdie lewe en Na die geliefde land aanbeveel.

Gaan kyk gerus na my Goodreads-bladsy vir ander boeke wat ek al opgelaai het.



Friday, January 24, 2014

Taalsake: Hennie Aucamp op tagtig

Gaan luister gerus na 22 Januarie se RSG Skrywers en boeke potgooi:

"Ilse Salzwedel bring hulde aan Hennie Aucamp wat vandeesweek sy tagtigste verjaarsdag vier. Sy gesels met prof. Andries Visagie (UP), prof. Louise Viljoen (US) en prof. Helize van Vuuren (NMM) oor sy werk. Daar is ook argiefopnames van ʼn veel jonger Aucamp wat een van sy gedigte voorlees en ʼn voorlesing van ʼn Bruidsbed vir Tant Nonnie, een van Aucamp se bekendste verhale. Amanda Strydom sing Fanie en Bettie, een van die liedjies uit Aucamp se kabaret, 'n Vuur gevang in glas."

Klik hier om te luister.


(Beskrywing van potgooi verkry vanaf die RSG-webwerf.)