Ek het die afgelope weke ’n paar boeke klaargemaak (meeste benodig nog ’n resensie). Ek het van meeste gehou en dink ’n paar is uitstekend. Hier is my huidige lys:
- God’sPhilosphers: How the Medieval World Laid the Foundations of Modern Science deur James Hannam
- NoPlace for a Lady deur Anne Harries (Lees dieresensie hier)
- ’nAnder land deur Karel Schoeman (Lees die resensie hier)
- LostLanguages: The Enigma of the World’s Undeciphered Scripts deur Andrew Robinson
- Eat,Pray, Love deur Elizabeth Gilbert
Resensies vir die ander drie boeke sal in die volgende paar weke volg.
Wat ek tans lees
Op die oomblik lees ek When Languages Die: The Extinction of the World’s Languages and theErosion of Human Knowledge deur David Harrison (baie interessant). Daarbenewens wonder ek of ek dadelik met die Kalevala moet begin en of ek eers weer een van my gunsteling Discworld boeke wil lees…
Ander boekgoeters
Ek het op hierdie film van OxfordUniversity Press afgekom waarin gewys word hoe ’n boek vervaardig word. Beslis die kyk werd!

No comments:
Post a Comment