Showing posts with label Joanna Pitman. Show all posts
Showing posts with label Joanna Pitman. Show all posts

Friday, May 11, 2012

(Nie-)fiksie Vrydag: The Dragon’s Trail deur Joanna Pitman


Boekresensie: The Dragon’s Trail: The Biography of Raphael’s Masterpiece deur Joanna Pitman. ’n Touchstone Book, gepubliseer deur Simon & Schuster. ISBN-13: 978-0-7432-6513-3.
Vind dit hier op Goodreads.

In The Dragon’s Trail, vertel Pitman die verhaal van ’n enigmatiese klassieke meesterstuk deur een van die Renaissance se bekendste kunstenaars. Ek dink nie enigiemand kan voor een van Raphael se kunswerke staan – of selfs net daarna kyk nie – sonder om deur die skoonheid en talent van die kunstenaar se kwas aangeraak te word nie. Sy skildery, St. George en die draak – wat in 1506 as opdragwerk aangevra is – is geverf toe Raphael slegs drie-en-twintig was. Maar Pitman vertel nie net die verhaal van hoe die skildery geverf is nie, maar volg die lang lewe van hierdie wonderlike skildery deur die daaropvolgende eeue tot die hede.



Hierdie verhaal is nie slegs die verhaal van ’n skildery nie, maar ook die verhaal van die mense wat dit besit en hulle plek in die geskiedenis en sluit in konings, rewolusies, rykdom en armoede en strek van ItaliĆ«, Engeland en Rusland na Amerika. Pitman skryf in pragtige, dramatiese prosa wat meer soos ’n roman as ’n boek oor kunsgeskiedenis of geskiedenis lees. The Dragon’s Trail is ’n boek vir die leke persoon of die kunsliefhebber, maar ongeag hiervan, is die passie waarmee die boek geskryf is die aansteeklik. Pitman se liefde van kuns en veral hierdie kunswerk word wonderlik in hierdie boek uitgebeeld.

Ek kan hierdie boek aanbeveel vir liefhebbers van geskiedenis, kuns en die Renaissance. Maar, alhoewel die boek se stofomslag wel ’n pragtige kleurafbeelding van die skildery bevat, sou ek dit verkies het as die afbeelding van die skildery binne die boek ook in kleur was en nie slegs in grys nie. Dalk in ’n volgende uitgawe?

Vir algemene leesgenot en -baarheid, gee ek die boek vier en ’n half uit vyf sterre. Definitief ’n boek wat ek weer sal lees.


Foto deur wikipedia

Friday (Non-)Fiction: The Dragon’s Trail by Joanna Pitman


Book Review: The Dragon’s Trail: The Biography of Raphael’s Masterpiece by Joanna Pitman. A Touchstone Book, published by Simon & Schuster. ISBN-13: 978-0-7432-6513-3.
Find it here on Goodreads.

In The Dragon’s Trail, Pitman tells the story of a renowned classic masterpiece by one of the Renaissance’s most famous artists. I doubt that anyone can stand in front of (or simply look at a print of) one of Raphael’s paintings without being moved by the beauty and talent of the artist’s brush. His painting, St. George and the Dragon – commissioned in 1506 – was painted when Raphael was only twenty-three years old. But Pitman does not simply tell the story of how it was painted or the reason for the painting, but follows the long lifespan of this wonderful painting throughout the following centuries until the present day.



This is a tale not only about a painting, but its owners and their place in history, including kings, revolutions, wealth and poverty and stretches from Italy, England and Russia to America. Pitman writes beautiful, dramatic prose which reads more like a novel than a book of art history or history. The Dragon’s Trail is both a book for the lay person and the art lover alike, but, most of all; the passion with which the book is written is contagious. Pitman’s love of art and especially this artwork is brought vividly to life in this volume.

I can suggest this book to lovers of history, art and the Renaissance. But, though the book’s dust jacket does carry a beautiful colour rendition of the painting, I would have liked to see a colour print of the painting inside the book as well and not one in greyscale. Perhaps in the next edition?
For overall enjoyment and readability, I give this book four and a half out of five stars. Definitely a volume I’ll read again.