Showing posts with label mitologie. Show all posts
Showing posts with label mitologie. Show all posts

Monday, May 27, 2013

Oordenkings: Vertaling, gedagtes, wysheid en kennis

(Deel 1)

Biskop Wulfila, wat die Bybel in Goties vertaal het
Linguistiek – en veral toegepaste linguistiek – is my passie. Of dalk moet ek eerder sê stories en taal en alles wat daarmee gepaard gaan. Ek onthou hoe my ma (toe ek so vier of vyf jaar oud was) vir ons stories uit Engelse boeke gelees het – maar dat sy die stories in Afrikaans vertaal het soos sy lees. Vir my was dit soos magie. In graad 2 het ek Roald Dahl se boeke ontdek – eers Die GSR voordat ek uitgevind het dat die boek eintlik in Engels geskryf is, waarna ek dit dadelik in Engels óók wou lees. Ek het Dahl se boeke een na die ander in die oorspronklike Engels verslind. En tog onthou ek, dat, toe ek die Afrikaanse vertaling van Charlie and the Chocolate Factory in die skool se biblioteek opgespoor het, ek woedend was en sommer die boek na ’n paar blaaie neergesit het. Teen dié tyd het ek reeds die (Engelse) boek ’n paar keer gelees en wou sien hoe dit in Afrikaans “klink”. Wat my heeltemal afgesit het, was dat die Buckets se van as “Emmer” vertaal is. Mens sou dink dat ek toe al sou geweet het in watter rigting ek moes mik vir ’n loopbaan, maar dit het nog ’n paar jaar gevat (op daardie stadium wou ek ’n paleontoloog word).

’n Paar jaar later
Nou ja, blykbaar kry jy as bleeksiel ekstra “punte” as jy ’n dooie/fiktiewe taal leer. (Die internet is werklik ’n vreemde plek, waar daar tot blaaie is wat jou “stap vir stap” verduidelik hoe om ’n bleeksiel te wees. Maar dit is ’n hele ander gesprek.) In elk geval, in die graad waarmee ek tans besig is, is dit nodig dat ek gedeeltes van die Eddas vertaal.

Alhoewel ’n paar van die Noorse verhale in Afrikaans beskikbaar is (maar dié is ongelukkig ’n paar dekades gelede gepubliseer), is die oorspronklike Oudnoorse tekste nog nie in Afrikaans vertaal nie. ’n Verskeidenheid Engelse vertalings en ’n paar Nederlandse vertalings (om maar net ’n paar tale te noem) is wel beskikbaar, (ek het al hier van die Engelse vertalings voorgestel), maar nie al die vertalings is egter akkuraat nie en, veral wanneer ek korter stukke uit die boeke wil aanhaal, is dit moontlik* om daardie spesifieke gedeelte in Afrikaans te vertaal. Te danke aan baie studies wat myne voorafgaan – en die liewe Internet wat my toegang gee tot elektroniese tekste, is dit moontlik om van gestandariseerde Oudnoorse tekste gebruik te maak as brontekste.

Sodra basies enige teks in jou moedertaal is, lees dit nie net makliker nie, maar verkry dit ook ’n groter, meer tasbare (met die verbeelding) dimensie. Skielik spreek die teks tot jou hart. Een spesifieke strofe uit die gedig Völuspá – een van die belangrikste mitologiese gedigte – gee die volgende strofe as deel van die beskrywing van die wêreldboom Yggdrasill:
Yggdrasil deur Frances Melville

Ek weet ’n esseboom staan daar
wat Yggdrasill heet;
’n geweldige boom, begiet
met wit leem.
Daarvandaan kom die dou
wat in die dale val.
Dit staan ewig groen
bo Urd se Bron.

Dit is nogal baie makliker om te lees as die oorspronklike! 

Ask veit ek standa,
heitir Yggdrasill,
hár baðmr, ausinn
hvítaauri.
Þaðan koma döggvar
Þærs í dala falla.
Stendr æ yfir grœnn
Urðar brunni.**

Vertaling is steeds skeppende werk – jy tik nie die teks by iets soos Google Translate in en die program spoeg ’n professionele, idiomatiese teks uit nie. Jy sit met woordeboeke en naslaanwerke en skuur en skaaf en los die werk vir ’n ruk en kyk dan weer daarna. Vertaling is nie net een woord met ’n ander vervang nie. ’n Vertaler se grootste struikelblok is nie sinskonstruksie nie. Saam met die taal en saam met die teks moet ander aspekte soos konteks, gehoor en ook kultuur in ag geneem word. Dit is nie nét woorde wat oorgedra word nie, maar die gedagtes, wysheid en kennis van ’n ander wêreld.

* Ek het ongelukkig nie soveel tyd tot my beskikking soos ek graag sou wou hê nie.

Monday, November 26, 2012

Hobbit Maandag – Beorn en die Berserkers


Waarskuwing! Indien jy nog nie The Hobbit  gelees het nie, kan hierdie die storie vir jou bederf!

Beorn
In die hoofstuk “Queer Lodgings” in The Hobbit, bly die Dwerge, Gandalf en Bilbo in die hal van Beorn, wat van vorm kan verander.
Gandalf sê aan Bilbo: “I shall introduce you slowly, two by two, I think; and you must be careful not to annoy him, or heaven knows what will happen. He can be appalling when he is angry, though he is kind enough if humoured. Still I warn you he gets angry easily. … If you must know more, his name is Beorn. He is very strong, and he is a skin-changer.” (Tolkien 2010:108)

Kunswerk van Beorn deur Ted Nasmith


Beorn kan werklik in ’n beer verander en ook baie vinnig afstande aflê terwyl hy in hierdie vorm is. Dat hy ’n formidabele vyand is, word ook bevestig wanneer hy “[a] goblin’s head … outside the gate and a warg-skin … nailed to a tree just beyond” (Tolkien 2010:123) aan sy gaste wys. (“Wargs” is die wilde wolwe wat ook in The Lord of the Rings voorkom.)

Berserkers
In Noorse mitologie en folklore is berserkers “furious warriors, in mythology associated with Odin” (Lindow 2002:75) en verskyn in die Ynglinga Saga, wat deur Snorri Sturluson geskryf is. “After stating that Odin could make his enemies blind, deaf, or overcome with fear in battle, their weapons useless, Snorri added, ‘but his men went without armor and were crazed as dogs or wolves, bit their shields, were as strong as bears or bulls. They killed men, but neither fire nor iron affected them. That is called going berserk.’” (Lindow 2002:75)
Berserker skaakstukke

Die manier waarop Beorn van vorm kan verander kan ook teruggespeur word na die etimologie van die woord “berserkr” – “beer-hemp”. Die etimologie “sonder hemp” is egter ook al voorgestel (Lindow 2002:76), en verwys na hoe hierdie vegters ’n geveg sonder wapenrusting betree het.
Karl Mortensen, in sy boek A Handbook of Norse Mythology (2003) verwys ook na die baie vertellings van vorm verandering in die Noorse mitologie. Oor Berserkers het hy die volgende te sê: “Men who had a peculiar aptitude for changing form were called hamramir, ‘strong in form’. We must certainly regard the fury of the Berserk as the same category of Warriors who in the heat of battle were attacked by wild and brutal frenzy were called Berserkir or Ulfhethinn, i.e. men who wears furs or bear or wolf skin; but the original belief was really that they went about in the form of bears or wolves.” (Mortensen 2003:44).

"Beorn Finds Thorin" deur Tulikoura
Beorn speel ook ’n rol in die “Battle of Five Armies”, waarin hy verwoesting en dood onder die “goblins” en wargs saai en Thorin van die slagveld dra –
“In that last hour Beorn himself had appeared – no one knew how or from where. He came alone, and in bear’s shape, and he seemed to have grown almost to giant-size in his wrath.
The roar of his voice was like drums and guns; and he tossed wolves and goblins from his path like straws and feathers. He fell upon their rear, and broke like a clap of thunder through the ring. … Then Beorn stooped and lifted Thorin, who had fallen pierced with spears, and bore him out of the fray.” (Tolkien 2010:263-4)

’n Baie sterk persoon en vegter wat in ’n beer verander en wild baklei pas definitief by die beskrywing van Beorn wat in The Hobbit gegee word. Tolkien bou egter ’n kultuur om hierdie karakter en maak hom baie meer as net ’n tweedimensionele vegter wie se enigste vaardighede die van veg en doodmaak is.

Net omdat dit interessant is
Dit is ook interessant om te let op die gedeelte waar Jesse Byock wraak moorde en aspekte van vete beskryf wat in die wet van Ysland in die Middeleeue opgeneem is. Byock stel die volgende oor iemand wat “berserk” gaan: “Private parties were also responsible for restraining violent individuals in their midst: ‘If a man goes berserk, the penalty is lesser outlawry. The same penalty applies to those men who are present except if they restrain him.” (Byock 1990:26). 


Berserker



Bronne:
Byock, J. 1990. Medieval Iceland: Society, Sagas and Power.University of California Press, Berkeley.
Lindow, J. 2002. Norse Mythology: A Guide to the Gods, Heroes, Rituals, and Beliefs. University of Oxford Press, Oxford.
Mortensen, K. 2003. A Handbook of Norse Mythology.Dover Publications Inc., New York.
Tolkien, JRR. 2010. The Hobbit. Haper CollinsPublishers, London.

Wednesday, November 21, 2012

Folklore Woensdag – Gevleuelde wesens


Die Vuurvoël
Een van my gunsteling gevleuelde folklore wesens is die Vuurvoël van Russiese folklore. Ek het van hierdie pragtige voël geleer deur die Vuurvoël ballet deur Stravinsky (En die kostuum is genoeg om oor flou te val!).



“In Russian folklore, the Firebird is a magical bird with majestic plumage that glows red, orange and yellow, like a bonfire.” (Rosen 2009:152). In Russies word die voël “Zhar-Ptitsa” genoem en dié eet die goue appels van onsterflikheid en verlig die nag. Brenda Rosen stel ook in haar boek The Mythical Creatures Bible “The Firebird appears in a famous Russian fairy tale in which Prince Ivan, the youngest son of the tsar, finds the tail feather of the Firebird and embarks on a fabulous quest to bring the bird back to his father’s kingdom.” (Rosen 2009:152).

"Firebird" deur I. Bibilin


Die Simurgh
Die Simurgh is ’n mitiese voël uit Persië, wat beskryf word as “[a]n immense creature the shape of a peacock with spectacular plumage, it has the claws of a lion and is large enough to carry off an elephant or a whale.” (Rosen 2009:152). Die Simurgh kan ook gevind word in Sufi literatuur, in die storie The Conference of the Birds deur Farid ud-Din Attar (Rosen 2009:152).

Simurgh deur George Mel


Die Buraq
Sekerlik een van die vreemdste wesens wat in literatuur beskryf word is die Buraq (Arabies “al-buraaq”, wat “weerlig” beteken). Hierdie is die “mysterious mount that carried Muhammad on a miraculous journey” (Rosen 2009:104). “The Buraq is described as white and long, larger than a donkey and smaller than a mule. It has the face of a woman, he wings of an eagle, and the tail feathers of a peacock. In a single stride it is able to gallop a distance equal to the range of its vision.” (Rosen 2009:104)

Buraq


Die Lamassu
“In Mesopotamian mythology, Lamassu help people fight chaos and evil. Each day, they hold the gates of dawn open so that the Sun god Shamash can rise and also help to support the weight of the Sun disc.” (Rosen 2009:287) Die Lamassu word beskryf as ’n wese wat die liggaam van ’n bul of leeu, die vlerke van ’n arend en die gesig van ’n man met ’n baard het. Standbeelde van die Lamassu  kan gevind word in antieke Babiloniese en Assiriese stede (Rosen 2009:287).

Lamassu

Lamassu


Die Benu
Hierdie voël word beskou as die gees van die songod Ra of van Osiris: “[t]he blue Benu bird was the original mythical phoenix in some versions of the Ancient Egyption Heliopian creation legend.” (Eason 2008:58)
“The Benu bird perched on the first mound as it rose from the primal waters at creation with the sun rising behind... They were considered creatures of rebirth. ... The Benu is said to be consumed by flames every five hundred years, after which the young bird rises, carrying the ashes of its parent, which it buries beneath the sacred mound at Heliopolis, now an obelisk located in modern Cairo.” (Eason 2008:58)

Benu van die graftombe van Inherkhar 


Bronne:
Easton, Cassandra. 2008. Fabulous Creatures, Mythical Monsters, and Animal power Symbols: A Handbook. Greenwood Press,London.
Rosen, Brenda. 2009. The Mythical Creatures Bible: The Definitive Guide to Legendary Beings. Sterling Publishing, London.

Monday, October 29, 2012

Maandag Fiksie – The Call from Below

Foto deur Julia Starr

“The Call from Below” is flitsfiksie wat ek geskryf het vir die Readers’ Realm Oktober-kompetisie. Die tema/inspirasie wat gegee is, is dat dit ’n bangmaakstorie sonder bloed en derms moet wees. So, toe gebruik ek ’n bietjie plaaslike mitologie en skryf stedelike fantasie (“Urban Fantasy”).

Lees “The Call from Below” hier by Readers’ Realm en, terwyl jy daar is, koekeloer sommer ook na van die ander stories.