“Internationally recognized as the greatest Irish poet since
WB Yeats…*”, and a winner of the Nobel Prize for Literature, the first poetry
of Heaney’s which I read was his masterful translation of Beowulf. Though at that time I’d only heard of the poem, I had been
searching for it in the local bookshops for some months before finding the slim
volume hidden among other volumes on the “Poetry and Literature” shelf. When at
last I got my hands on it, I had no idea of the impact it would have on my
life.
As someone
mostly ignorant of Anglo-Saxon poetry (and the richness of the language and
culture) at that time, the poem opened up a whole new world. It was a world
veiled by time, culture and many of the prejudices held about the Dark and
Middle Ages. But it is a world steeped in legends and myths; the heroes great
but fallible, the warriors and lords capable of great destruction, and yet
lament at the death of friends. One of my favourite passages in the poem – and
one which still move me to tears, is when
Hrothgar laments his counselor Aeschere’s death:
Yes, Heaney left a body of work worthy of remembrance and
celebration. His name will be remembered and his works will endure. Yet, my
sorrow at the news of his passing was the sorrow of someone who was deeply
touched by a work over a thousand years old; a body literature suddenly made
accessible. It was the sorrow of someone who could never say “Thank you, you
have touched my life and led me on a path I could never have foreseen”.
In his foreword to TheWord Exchange, Heaney noted “… Anglo-Saxon poetry isn’t all stoicism and
melancholy, isn’t all about battle and exile and a gray dawn breaking: it can
be unexpectedly rapturous as in The
Vision of the Cross and happily didactic as in the allegory of Whale. It can be intimate and domestic,
and take us to places far behind the shield wall…” (Delanty & Matto 2011:XII).
A tree must shed its leaves, its branches be barren;
the traveler must embark on the start of travels;
all the mortals mustmeet their fate
But, Mr. Heaney, may your words live forever,
bringing new inspiration to those who already know your work and those who pick
up one of your volumes for the first time. Thank you for touching my life.
Nou die dag het die webwerf Medieval and Earlier Manuscripts laat weet dat die Beowulf-manuskrip nou aanlyn beskikbaar is. Dadelik twiet ek die skakel en gaan kyk weer na die eerste bladsy van dié eeue-oue manuskrip. Omtrent twee jaar voor ek die eerste keer ’n foto daarvan gesien het, het ek Seamus Heaney se vertaling van dié epiese gedig gelees en is totaal meegevoer deur Beowulf, Grendel en die draak. Dít was in graad 11. Ek sal nooit vergeet toe ek in ’n af biologieklas die boek uithaal en vir seker die vierde keer daardie maand begin lees nie. Die meisie wat langs my gesit het vra toe waaroor dit gaan – die arme ding het nie besef sy gaan die hele storie en ’n goeie dosis oor Oudengels hoor nie. (En vir die hoeveelste keer moes ek hoor dat ‘meisies nie súlke boeke moet lees nie’.)
So drie jaar terug spoor ek by ’n biblioteekboekverkoping deel 10 van die Afrikaanse Kinderensiklopedie op en kan nie my geluk glo nie*. Hierdie spesifieke deel bevat Afrikaanse vertellings van, onder andere, die Noorse mitologie en ook van die held Beowulf. Tog bly dit vreemd hoe iets in mens se eie taal die hart kan roer. Neem nou byvoorbeeld Koos du Plessis se pragtige, hartroerende lirieke. Of P.G. duPlessis se “Sommer Stories” wat in ’n paar honderd woorde mens kan laat skater van die lag, laat huil of mens vir dae aan een iets kan laat oordink. (Wys hulle mos nou weer Koöperasiestories op SABC 2. Laas Vrydag wys “’n Ruikertjie geelperskes” en daar huil ek omtrent my oë uit. Die man is ’n meester!) Ek dink nie daardie stories sal dieselfde geur hê in Engels nie.
Hierdie week se Woord en Klank op RSG het Elisabeth Eybers se werk bespreek en haar gedigte het my sommer weer van voor af laat verlief raak op Afrikaans. Maar, moet my nie verkeerd verstaan nie, dis nou nie verlief in ’n soort een-taal-een-volk manier nie. Nee, verlief in ’n hierdie-taal-spreek-tot-my-hart manier. En tot ’n weer besef en verwondering dat die mensdom die diepste emosies en pragbeelde in mekaar se gedagtes kan skep deur net ’n klomp klanke in ’n spesifieke volgorde te maak.
*Dit is byna meer gevaarlik om my by so ’n uitverkoping toe te laat as by Exclusive Books se uitverkoping wanneer jy ’n kilogram boeke vir R50 kan koop!
Drake – en in die geval van Smaug, sy skat – het beslis hulle plek in die stories oor Middle-Earth. Deur gebruik te maak van elemente uit literatuur soos die Nibelungenlied en Beowulf, skep Tolkien meesterlik nuwe stories wat – en ek glo steeds sal – die toets van tyd deurstaan. In baie gevalle – soos met my – het hierdie verwysings na ou verhale en gedigte mense gelei om weer die literatuur van die Middeleeue, wat byna uit algemene kennis verdwyn het, te ontdek.
Tolkien het ook ’n pragtige gedig oor ’n skat geskryf wat mens tot trane kan dryf. Ek het hierdie opname van Tolkien wat die gedig lees op YouTube gevind!
In The Hobbit steel Bilbo ’n beker wat met juwele versier is uit die draak se skat. ’n Soortgelyke episode word in die Angel-Saksiese gedig Beowulfgevind. In Beowulf waak ‘n draak ook oor ‘n ou skat. Iemand vind ’n manier om by hierdie skat uit te kom deur ‘n versteekte tonnel en steel ook ’n “gem-studded goblet” (Heaney 1999:71). Alhoewel hy dit steel terwyl die draak slap, kom dié agter dat die beker weg is wanneer hy wakker word en val die Geats (waaroor Beowulf in hierdie jare heers) aan. Die dief in Beowulf word simpatiek beskryf:
The intruder who broached the dragon’s treasure
and moved him to wrath had never meant to.
It was desperation on the part of a slave
fleeing the heavy hand of some master,
guilt-ridden and on the run,
going to ground.
(Heaney 1999:71)
Eerder as om ’n groot hoeveelheid van die skat te steel, neem hy slegs een beker en sou nooit kon raai dat hierdie daad die dood van baie onskuldige Geats en ook hulle heroïese leier sou beteken nie. Dié leier wat in sy jonger dae die monster Grendel en dié se ma doodgemaak het nie.
My gunsteling vertaling van die gedig is dié deur Seamus Heaney, maar veskeie ander vertalings ka nook op die internet gevind word. Hieronder is deel van die beskrywing van die draak, sy skat en die verwoesting wat hy saai. Hierdie vertaling deur Lesslie Hall, kan by Project Gutenberg gevind word.